Heffings op plastieksakke nog nie van krag
Die heffings op plastieksakke word eers later amptelik van krag wanneer dit in die Staatskoerant gepubliseer word.
Volgens ‘n mediaverklaring van die ministerie van finansies sal die nuwe heffings op plastieksakke eers op 1 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer word.
Dit sal daarna van krag word nadat die wysigings aan die doeane- en aksynswet in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is.
“Die ministerie is bewus daarvan dat sommige winkels reeds plastieksakheffings vir hul kliënte vra, maar dit is nie deel van die regering se voorgestelde omgewingsheffings op plastieksakke nie,” beklemtoon die woordvoerder van die ministerie, mnr. Tonateni Shidhudhu, in die verklaring.
Sommige handelaars vra reeds 50 c vir plastieksakke, “maar dit is deel van hul inkomste”.
Die ministerie sê hy verwelkom besighede se inisiatiewe om omgewingsbesoedeling te verminder, maar slegs Pupkewitz Megabuild en Kaap Agri Namibia se heffings met hul Break-Free-From Plastic-veldtog sedert Desember 2018 word vir die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) aangewend.
“Hulle oorhandig hul inkomste van 50 c per plastieksak kwartaalliks aan die EIF. Tot dusver het hulle N$60 000 oorhandig en sal ná die wysiging van die wet met die ooreenkoms voortgaan,” sê die woordvoerder.
Die besluit is deur die kabinet geneem om 'n omgewingsheffing op plastieksakke, uitlaatgasse, buitebande en gloeilampe te implementeer met die inkomste wat na die EIF sal gaan, wat dit in verbeterde afvalbestuur sal herbelê.
"Die publiek sal van die hele proses ingelig word sodra dit gefinaliseer is. Intussen beklemtoon ons dat die plastieksakheffings van winkels nie deel is van die omgewingsheffings nie," lui die mediaverklaring wat gister uitgereik is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie