Heil die hekwag
Met die verval van openbare gesondheid wat meer as ooit op voorblaaie pryk, is dit gerusstellend om te weet iewers is ’n hekwag wat keer dat onbevoegde mediese personeel ’n reeds wankelrige gesondheidstelsel verder die dieptes in stuur.
’n Sprekende voorbeeld is vier mediese studente wat in die buiteland opgelei is, wat die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) voor die hof gedaag het omdat hulle nie hul evaluering geslaag het om vir internskappe in Namibië te registreer nie. Die beswaardes wat hul opleiding in Rusland, China, Belarus en Oekraïne ontvang het, sê die HPCNA is bevooroordeeld en studente wat aan die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool (SOM) studeer, word nie oor dieselfde kam as studente in die buiteland geskeer nie.
Hokaai, sê die HPCNA se registrateur, mnr. Cornelius Weyulu. Unam se toelatingsvereistes is ’n minimum van 25 punte met ten minste ’n C vir Engels.
Vir SOM is dit ’n minimum van 35 punte en ’n B-simbool in onderskeidelik wiskunde en Engels – veel hoër as dié van mediese skole in Europa.
Dié punt word gestaaf deur ’n studie deur die HPCNA, wat bevind het 198 uit 206 studente wat in Rusland, China en Oekraïene studeer het, voldoen nie aan die basiese vereistes vir toelating aan Unam nie, wat nog te sê sy mediese skool.
Volgens Weyulu is mediese studente uit Oos-Europa “swak opgelei” en kan die meeste nie eers basiese “ernstige” werk in sale verrig nie, wat dan as ekstra gewig op die skouers van hul Namibiese eweknieë val.
Die vraag is nou: Hoekom word soveel Namibiërs met belastingbetalers se geld na buitelandse universiteite gestuur terwyl hulle sonder verdere plaaslike opleiding onbruikbaar is in ’n openbare gesondheidstelsel wat onder ’n tekort aan personeel gebuk gaan?
Só sê ander: 18 Februarie 2019 - Rapport
Bly stil en luister na verlore kenners
Onaangename fase 4-beurtkrag, die herrie omdat pres. Cyril Ramaphosa die reusagtige Eskom wil ontbondel en die skokkende syfers wat wys dat Eskom tegnies bankrot is – dit alles het dit die afgelope week wreed duidelik gemaak dat Suid-Afrika op die rand van ’n ekonomiese afgrond staan en wankel. Die regering behoort erns daarmee te maak om verlore kundiges terug te bring en na hulle te luister. Om die kenners aan die woord te stel, is die enigste manier om die ideologiese wolk te laat verdamp wat nou oor Eskom hang. En dit sal moet verdamp, anders is Suid-Afrika onderdeur. - Rapport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie