Heil die leser
Heil die leser

Heil die leser

Redelik onlangs het 'n ongenaakbare aanmerking oor my skryftalent, my nog hard in die wind geslaan, maar danksy ander gelukkige toeloop van sake het 'n mooi kompliment kort daarna die aanmerking se tande getrek. Dieselfde insident het ook heelwat herinneringe uit my skooljare opgeroep. Soos elke aspek van 'n mens se geaardheid 'n oorsprong het, so ook my voorliefde om gedagtes, gevoelens en gebeurtenisse neer te skryf. Skryf is dikwels die beste manier om dinge vir jouself uit te pluis, sonder dat jy by nabetragting van die saak te emosioneel daaroor word. Dit het ek indirek van my moeder geleer. Toe my wispelturige emosies as tiener byna die oorhand oor my wou kry, het sy voorgestel dat ek eers my gevoelens en gedagtes neerskryf voordat ek dit teenoor ander uiter. Heel dikwels het ek my hele warboel van gedagtes en gevoelens neergeskryf en wanneer ek dit dan agterna rustig deurlees, het ek besef hoe gek sommige dinge klink en hoe onvanpas 'n mens se eerste reaksie dalk was. Ek gaan nie probeer voorgee dat ek nooit weer in 'n onbewaakte oomblik onbesonne goed in die hitte van 'n geveg kwytgeraak het nie, maar my selfbeheersing het oor die jare heen baie by die skrywery gebaat. 'n Voorliefde vir skryf is goed en wei, as jy seker maak niemand slaan hulle hande aan die verkeerde geskrifte uit jou pen nie. Dit is ook nie om dowe neute dat die spreekwoord wat se die pen is magtiger as die swaard, bestaan nie. As jy as tiener jou skriftelike worstelinge nie deeglik wegbere nie, kan jou kwaadwillige kleinboet of nuuskierige vriendin jou dalk lelik daarmee in die skande steek. 'n Gekrabbel wat na 'n onderonsie nodig was om jou tot bedaring te bring, mag dalk net aanleiding gee tot 'n vars geveg wat losbars. Dit is gelukkig ook 'n les wat vele mense net een of dalk twee keer hoef te leer. Moeder het ook mooi verduidelik dat jy kan skryf wat jy wil, solank jy seker maak dat jy nie jou naam onderaan teken en dit dan laat rondle nie. Sou jou beroep dalk behels dat jy feite op skrif moet stel soos in die geval van verslaggewers, kan selfs versigtige skrywery die nasien daarvan 'n mens in die sop laat beland. Verslaggewers en die meeste ander soorte skrywers moet daarom leer om met versigtige woordkeuses gebeure weer te gee, veral as dit wat jy skryf onder Jan Alleman se kritiese oog sal beland. Bewaar jou siel as 'n fyngevoelige leser deur jou geskrif gebelgd voel. Ek verwonder my aan die waagmoed van my kollegas wat (anders as ek) nie net skryf omdat dit lekker is nie, maar onverskrokke die feite van die goeie en die slegte gebeure in ons samelewing aan ander probeer weergee.

Kommentaar

Republikein 2025-02-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 32° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 20° | 30° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 19° | 30° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 19° | 30° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:45, High tide: 07:33, Low Tide: 01:49, High tide: 20:01 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 13:43, High tide: 07:31, Low Tide: 01:47, High tide: 19:59 Walvis Bay: 19° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: W, Low tide: 13:43, High tide: 07:30, Low Tide: 01:47, High tide: 19:58 Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 20° | 31° Ariamsvlei: 24° | 32° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 18° | 24° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 19° | 30° Cape Town: 18° | 20° Durban: 23° | 30° Johannesburg: 20° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 24° Harare: 15° | 29° #REF! #REF!