Heinaste-kaptein gevonnis, vaartuig laat gaan
Tydens gister se vonnisoplegging is ’n kaptein van ’n buitelandse skip beboet vir onwettige vasvang in Namibiese waters.
Leandra Louw
Die Heinaste se kaptein, mnr. Angrimur Brynjolfsson (67), is ‘n boete van N$950 000 óf 12 jaar gevangenisstraf opgelê, op drie klagte wat verband hou met onwettige visvang in Namibiese waters.
Die staat se aansoek dat die Heinaste verbeurd verklaar word, is egter deur landdros Rhivermo Williams van die hand gewys.
Tydens gister se vonnisoplegging het Williams gesê Brynjolfsson se oortreding beïnvloed die Namibiese seelewe, sowel as die Namibiese bevolking as ’n geheel.
“Die bestuur, beskerming, oes en benutting van mariene hulpbronne is noodsaaklik vir ons land. Mnr. Bean Mbeurora Tjizoo, hoofbioloog van seevisserye, het lig gewerp op die negatiewe uitwerking wat die gebruik van visvanggereedskap tydens treilvissery op visspesies soos sardyne, pelsers, jong marsbanker en stokvis, wat van kommersiële waarde vir Namibië is, kan inhou. Deur treilvissery word alle visse gevang, dus kan die boete nie ‘n bedrag van N$500 000 oorskry nie.”
Williams het gesê sy moes ook die publiek se belang in die saak oorweeg. “Baie mense in die visbedryf word werkloos gelaat, en hulle wil hê geregtigheid moet geskied as die beskuldigde gestraf word.”
Sy het ‘n boete van N$300 000 of vier jaar se gevangenisstraf op die drie klagte teen hom opgelê. Hy is ook vir ‘n bykomende bedrag van N$50 000 beboet.
Brynjolfsson is deur sy advokaat, mnr. Shakespeare Masiza, verteenwoordig, terwyl me. Maggy Shiyagaya as staatsaanklaer opgetree het.
Williams het die staat se aansoek, dat die Heinaste mét sy visvanggereedskap verbeurd verklaar word, van die hand gewys. Daar was onvoldoende bewyse.
“Die staat het op die dienskontrak staatgemaak, wat geteken is tussen Brynjolfsson, Saga Seafood Namibia en die direkteur wat Heinaste verteenwoordig het, om ‘n skakel tussen Saga Seafood en Heinaste aan te dui. Die dienskontrak dui nie op onwettige gebruik van die vaartuig nie. Geen bewyse dat die twee maatskappye dieselfde aandeelhouers of direksie het, is voorgelê nie. Afleidings dat die eienaars van die vaartuig bewus was dat die beskuldigde dit na ‘n verbode gebied sou vaar, of hulle dit kon verhoed, kan nie gemaak word nie. Die eienaar van die vaartuig kan nie veroordeel word volgens die beskuldigde se dade nie.”
Sy het beslis dat die vaartuig en alle relevante dokumentasie onmiddellik aan die eienaars terugbesorg moet word.
Die Heinaste, wat verbind word aan die omstrede Yslandse maatskappy, Samherji, is in Desember verlede jaar geskut.
Vandeesweek is nóg twee vaartuie in Samherji se besit, Saga en Geysir, fort terwyl meer as 200 werknemers werkloos gelaat is.
‘n Samherji-woordvoerder, me. Margrét Ólafsdóttir, het Dinsdag in ‘n onderhoud met Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê hulle het die land wettig verlaat.
“Ons het alle nodige toestemming van die ministerie van visserye en Namport gekry voor hulle vertrek het. Daar was geen kwotas vir die vaartuie nie. Saga het Namibië verlaat vir instandhouding, wat lankal reeds beplan is en vorm deel van standaard bedrywighede. Geyser is tans in Mauritanië operasioneel.”
‘n Vergadering, wat vir Dinsdag geskeduleer is, waar die toekoms van die gestrande werkers bespreek sou word, was bloot in ‘n bevestigingsproses deur Saga Seafood se arbeidskonsultant en die vakbond. Die takbestuurder van Nafau, mnr. Joseph Makanga, het bevestig geen besprekings met die vakbond oor afleggings is gehou nie, aangesien lone en ander kwessies tydens die aanvanklike vergadering, wat vir Vrydag om 10:00 geskeduleer is, bespreek sou word.
“Ons moet behoorlik ondersoek instel, aangesien van die indiensnemingsdatums verkeerd aangebring is. Sommige werkers is al sedert 2014 in die maatskappy se diens, terwyl die rekords aandui dat hulle eers in 2019 begin werk het.”
Onvergenoegdheid
Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het in ‘n brief wat aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa, en die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, gerig is, sy ontevredenheid uitgespreek met die feit dat die vaartuie onder hul toesig kon verdwyn het.
“In ‘n vorige brief het ons voorgestel dat beslag op Samherji-eiendom in Namibië gelê moet word, tot hul vrygespreek kan word van die beweerde korrupsieklagte en ander oortredings waarvan hulle beskuldig word. Ons is uiters teleurgesteld en gegrief dat senior lede van ons gemeenskap, wat belangrike poste beklee, misluk het in die uitvoering van u vertrouenspligte.”
Hy het bygevoeg die PDM sal ‘n mosie voorlê om Noa voor die parlement te bring. “Op dié manier kan u onder eed getuig hoekom u nagelaat het om u pligte na te kom. Ons gee u 15 werksdae om aan die Namibiese bevolking te verduidelik hoekom daar tot dus ver geen Yslandse burgers, soos die Namibiese burgers, in hegtenis geneem is nie.”
“Julle hou julle blind, en as ‘n ondersoek- en vervolgingsgesag moet julle gedetailleerde antwoorde verskaf of die risiko loop om afgedank te word.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie