Heineken SA draai NamBrew se winskraan kleiner
Namibia Breweries se wesensverdienste per aandeel (HEPS) het met 23,6% tot 229,6c gestyg.
Jo-Maré Duddy – Ondanks netto wins wat met 14,5% teenoor die 2016-boekjaar getuimel het, was ontleders se kitskommentaar op NamBrew se 2017-resultate “uitstekend” en “stewig”.
Namibia Breweries Ltd (NBL) se netto wins vir die jaar tot einde Junie 2017 was sowat N$318,4 miljoen – ongeveer N$54 miljoen minder as die vorige boekjaar. Die groep se bedryfswins van sowat N$611 miljoen het egter met meer as N$70 miljoen of 13% teenoor verlede jaar gestyg.
Soos die afgelope jare was NamBrew se vennootskap in Suid-Afrika die rede vir vanjaar se leër winsvat. Voorheen moes NBL hoes vir ekwiteitsverlies in DHN Drinks – sy vennootskap met Diageo en Heineken – in Suid-Afrika. Ná die onttrekking van Diageo is NamBrew en Heineken se vennootskap in die buurland Heineken SA omskep en NBL het 25% van dié nuwe maatskappy bekom.
Dié aandeelhouding het NamBrew in sy afgelope boekjaar met ‘n ekwiteitsverlies van meer as N$155,7 miljoen opgesaal. Dit het ‘n beduidende invloed op NBL se netto wins en wins toeskryfbaar aan gewone aandeelhouers gehad. Laasgenoemde was bykans N$317,9 miljoen, amper N$55 miljoen of 14,7% minder as in die 2016-boekjaar.
Verdienste per aandeel (EPS) was 154,2c – 26,1c of 14,5% laer. Wesensverdienste per aandeel (HEPS) het egter met 43,9c of 23,6% tot 229,6c gestyg.
Vol skop
Wat ontleders beïndruk het, was groei in bedryfswins, omset en volume.
Vergeleke met 2016 het dit met 13%, 12% en 8% onderskeidelik gestyg.
Tydens die bekendstelling van die jongste resultate Vrydag het NBL gesê dié goeie nuus is danksy groei van 46% in volumes wat aan Suid-Afrika verkoop is, ondanks ‘n “besondere uitdagende jaar” wat deur erge droogte, onvoorspelbare wisselkoerse en ‘n vinnige verandering in verbruikersvoorkeure gekenmerk is.
Daarenteen het volumes in Namibië met 3% teenoor verlede jaar gekrimp. IJG Securities skryf dit aan die “taai ekonomiese omgewing” plaaslik toe.
Volgens dié ontleders was Mosambiek die enigste uitvoermark wat teleurgestel het. Tanzanië en Zambië het goed vertoon, maar Botswana bly ‘n “uitdaging”, sê NBL. Die groep is egter “opgewonde” oor toekomstige vooruitsigte in die Botswana-mark. Algehele groei in uitvoervolume, Suid-Afrika uitgesluit, was 2%.
IJG het die vertoning van NamBrew se plaaslike bedrywighede as “uitstekend” beskryf, maar sy aanbeveling vir NBL-aandele op “verkoop” gehou.
PSG Namibia sê dit is “stewige finansiële resultate”, waarvan groei in bedryfswins en omset sy vooruitsig oortref het.
Die besturende direkteur van NBL, Wessie van der Westhuizen, het Vrydag gesê NBL se vertoning weerspieël die groep se “veerkragtigheid” en vermoë om by veranderings in sy bedryfsomgewing aan te pas.
NamBrew het ‘n dividend van 84c per aandeel verklaar, 5% hoër as die 80c van 2016.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie