Heita kan op Walvis Afrika-gordel wen
Heita kan op Walvis Afrika-gordel wen

Heita kan op Walvis Afrika-gordel wen

Boks
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie bied op 4 Desember sy Together as One, Deel 5-bokstoernooi op Walvisbaai aan.

Tobias beplan om 13 gevegte by die Kuisebmund-gemeenskapsaal op te dis. Drie daarvan sal vir nasionale titels wees, terwyl een Afrika-titel op die spel is, met nog twee internasionale gevegte.

Die hoofvoorgeveg tussen Sebastianus Natanael en Steven “Cakic” Bagwasi van Botswana vir die internasionale veergewigtitel oor tien rondes behoort vir genoeg opwinding te sorg.

In die hoofgeveg klim die belowende Matheus “The Beast“ Heita van Namibië teen Tinashe Mwadziwana van Zimbabwe vir die Wêreldboksvereniging (WBA) se Pan Afrika-superkapokgewigkroon deur die toue.

Mwadziwana is onlangs in die hoofstad deur Nathanael “Natty” Kakololo in die agtste ronde met ’n uitklophou gestuit. Hy het sedert Februarie 2021 nog nie weer geboks nie. Die 23-jarige Beast spog met vyf onoorwonne professionele gevegte en twee uitklophoue.

Al die boksers is van Namibië, tensy anders aangedui.

1 Vlieggewig (4 rondes): Erastus Shapaka (1 geveg, 1 verloor) tn Festus Simeon (2-0).

2 Veergewig (4 rondes): Marvin Nehemia (2-0) tn Titus Nautumbo (debuut).

3 Veergewig (4 rondes): Fredrick Nghutenyane (2-0) tn Johannes Morsande (3 gewen, 1 verloor, 1 gelykop).

4 Junior liggewig (4 rondes): Gerson Alweendo (1 gelykopuitslag) tn Lineekela Nghifindaka (1-0).

5 Junior weltergewig (4 rondes): Eslon Kalus (2-1) tn Rafael Iita (2-3).

6 Junior middegewig (4 rondes): Andreas Shikongo (1-1) tn David Haufiku (0-2).

7 Kapokgewig (4 rondes): Nestor Thomas (2-0) tn Antoni Moses (0-2).

8 Nasionale kapokgewigtitel (8 rondes): Andreas Mwenyo (2-3-2) tn Lazarus Namalambo (7-3).

9 Nasionale veergewigtitel (10 rondes): Martin Mukungu (3-1) tn Immanuel Jason (4-2-1).

10 Nasionale superkapokgewigtitel (10 rondes): Phillipus Shaanika (8-1-1) tn Joseph Abel (3-2-1).

11 Internasionale supermiddelgewiggeveg (6 rondes): Max Ipinge (5-1) tn Tinashe Zihove (Zimbabwe, 1-4).

12 Internasionale veergewiggeveg (10 rondes): Sebastianus Natanael (15-3) tn Steven “Cakic” Bagwasi (Botswana, 6-1).

13 WBA Pan Afrika-superkapokgewigtitel (12 rondes): Matheus Heita (6-0) tn Tinashe Mwadziwana (Zimbabwe, 17-13).

FOTO
Matheus Heita sal in die hoofgeveg teen die veel meer ervare Tinashe Mwadziwana van Zimbabwe opgeweeg word. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!