Hekelpenne klik landwyd vir kankerpasiënte
Van die Noorde tot in die Suide het vroue hul hekelpenne uitgehaal om in ’n landwye projek gehekelde komberse aan kankerpasiënte in Namibië te kan oorhandig.
Die inisiatief, wat in September verlede jaar begin het, het inwoners uit verskeie dorpe geïnspireer om ook húl deel by te dra. Die inisieerder van die projek, me. Bets van Zyl van Outjo, het die idee by Suid-Afrika geleen, nadat sy gesien het verskeie gehekelde blokkies is gebruik om trappe by die Voortrekkermonument in Pretoria uit te lê. Sy het besluit dat die idee ter plaatse gebruik sal word om kankerpasiënte warm te hou.
Van Zyl het twee vriendinne op Mariental geskakel wat onmiddellik saam met haar aan die werk gespring het. Na ’n geselsie op die Afrikaanse diens van die NBC, was die land se vroue vuur en vlam om te help hekel. Van oral het hulp ingestroom om met van vervoer tot wol hulp te verleen. Selfs uit Johannesburg is komberse gestuur om die projek te ondersteun. Van die komberse is in April op Outjo verkoop en vier is by die Outjo Wildfees opgeveil wat gesamentlik ’n bedrag van N$18 900 opgelewer het. Verskeie besighede het ook geld en wol geskenk, waaronder OK Outjo, Outjo Goue Jare Klub en Mona Klose van Mariental. ’n Totaal van 170 komberse is ingesamel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie