Hel los oor 2%
Talle burgers sê die land kan sy pleidooi om finansiële hulp op sy maag skryf.
Denver Kisting – Mnr. Job Muniaro sê hoewel die regering die reg het om belastings te verhoog indien Namibiërs nie vrywilliglik 2% van een maand se basiese salaris skenk nie, sal dit inwoners vernietig.
Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), sê die vakbond het hom nie Vrydag tot ’n antwoord verbind op die regering se versoek dat werkers dié bydrae moet maak nie.
Omdat dit talle partye raak, het hulle besluit om die vakbond se leiers te raadpleeg voor hulle ’n mening oor die saak lewer, het die vakbond Vrydag in ’n vergadering met die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, gesê.
Volgens Muniaro het sy opnuut benadruk die 2%-bydrae is vrywillig.
Die aangeleentheid is verlede week aan die groot klok gehang toe Kuugongelwa-Amadhila se uitnodiging aan NUNW uitgelek is.
Volgens haar sal dié eenmalige vrywillige bydrae ook help om geleenthede vir werkskepping te ontgin – veral vir die jeug.
“Hierdie pleidooi is deur die president tydens die staatsrede gelewer.”
Die nuus dat die regering by sy landsinwoners bakhand staan, is ’n duidelike teken van hoe die Swapo-geleide staat armes uitbuit, sê mnr. Jan van Wyk, visepresident van die United People’s Movement (UPM).
Volgens die opposisieleier het die regering se idees opgeraak.
“Die regering moet liewers sy ooreenkomste met buitelandse maatskappye herbesoek wat daagliks miljarde uit die land uitvoer sonder om belasting te betaal,” het hy by navraag aan Republikein gesê.
Van Wyk sê: “Mense sal nie die bietjie wat hulle het, gee vir ’n regering wat nalaat om pa te staan vir miljoene wat vir jare nie verantwoord word nie.”
Mnr. Nico Smit, die tesourier-generaal van die Popular Democratic Movement (PMD), reken Swapo is die kluts kwyt.
Hy meen dit is niks anders as afpersing deur die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, om belastings te verhoog sou Namibiërs nie instem om die vrywillige 2% van een maand se basiese salaris te skenk nie.
Smit sê voorts Swapo besef die skrif is aan die muur.
“Dit is waarom hulle hul tot sulke metodes wend.”
Die ekonoom mnr. Robert McGregor sê hy het begrip vir die regering se versoek om hulp wat die voortslepende droogte betref.
“Ek stem egter ook saam met die publiek se reaksie hierop. Vanjaar se droogte is nie heeltemal onverwags nie, aangesien daar al verlede jaar waarskuwings daaroor was.”
Soos sake tans staan, gaan die land reeds gebuk onder hoë vlakke van werkloosheid, sê die ekonoom wat aan Cirrus Capital verbonde is.
Werkende Namibiërs kom derhalwe alleen die mas op om belasting te betaal, sê hy.
McGregor sê vrae oor hoe die vrywillige bydraes bestee gaan word en hoe daaroor boek gehou gaan word, is geregverdig.
In dié stadium is die doel waarvoor dit glo aangewend sal word, droogtehulp en jeug- en ondernemingsontwikkeling, baie breed, sê hy.
Omdat 2019 ’n verkiesingsjaar is, bestaan die risiko dat dié geld gebruik sal word om steun te koop ondanks die onderskeid tussen party en staat, waarsku hy.
“Sal die gebruik van die geld deursigtig wees en, sou daar wanbesteding plaasvind, wat is die kanse dat daar gevolge sal wees? Gegewe hierdie vrae verstaan ek die publiek se reaksie,” sê McGregor.
Maar, sê hy, dit beteken nie mense moet nié bydra soos en wanneer hulle daartoe in staat is nie.
Kragtens 2018-syfers werk meer as 112 000 mense in bestaansboerdery.
Dit verteenwoordig 15,5% van alle werkende mense.
Hiernaas, sê McGregor, steun 19,8% van Namibiese huishoudings op bestaansboerdery as hoofbron van inkomste.
“Hierdie mense is die weerloosste met baie min, indien enigiets anders, waarop hulle kan terugval, en sal dus op hierdie hulp steun.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie