Hel los oor kerk se gebou op Usakos
Gemeentelede van die NGK op Usakos is briesend oor die verkoop van hul kerkgebou.
Denver Kisting – Die poppe gaan waarskynlik Sondag op Usakos dans wanneer die NGK se kerkraad sy gemeente spreek oor ’n plan om sy gebou van die hand te sit.
Diegene wat Sondag se gemeentevergadering misloop, word geag ten gunste van die verkoop te wees, lui ’n brief aan die gemeente.
Die gebou se hoeksteen is op 10 April 1936 deur ds. F.J.W. Koch gelê.
In die brief sê die skriba, me. Elsabé Jones, die kerkraad het reeds op 14 September verlede jaar “in beginsel” besluit om die gebou te verkoop.
Jones voer aan die besluit is hoofsaaklik geskoei op die “finansiële voortbestaan van die gemeente. Die kerkraad het dit egter goedgedink om die gemeente volledig in verband hiermee in te lig.”
Jones sê voorts die vergadering het ten doel om die kerkraad se besluit “verder” te verduidelik en te staaf.
In ’n brief sê ’n oudlidmaat baie huidige en voormalige gemeentelede is omgekrap oor die besluit. “Hierdie rondskrywe het alle bestaande lidmate en oudlidmate onkant betrap en die meeste (se) reaksie gaan gepaard met verbasing en woede. Honderde lidmate is deur daardie kerk wat ’n sentimentele waarde aan Usakos en sy gemeenskap bied.”
Volgens die ontstoke oudlidmaat is ’n handjievol kerkraadslede agter die besluit “en geen ander lidmaat is vooraf geken nie”.
Daar word veral gegis oor wat die kerkraad met die geld wil maak wat uit die verkoop verdien sal word.
In dié stadium is die mees beduidende uitgawes glo die herder se salaris en reistoelae.
Ds. Pierre Bosman van Otjiwarongo los sedert 2009 by die gemeente af. Hy bestee twee weke per maand op Usakos en die ander weke tuis op Otjiwarongo.
Vanweë sy gehooruitdaging het Bosman se vrou, Frieda, gister namens hom met Republikein gepraat.
Oor die kerkgebou se voorgenome verkoop het sy bevestig: “Hy ís nou in die mark. Daar is komende week ’n groot vergadering. Die gemeente is hopeloos te klein – hulle kan dit nie meer dra nie.” Sy het verder bevestig “daar is ’n moontlike koper”.
Nog ’n doring in ongelukkige lidmate se vlees is die nuus dat die voornemende koper glo beplan om ’n inkopiesentrum op die kerkperseel op te rig. “Dit het nog meer woede veroorsaak. Besluite deur die twee of drie kerkraadslede is wet en niemand mag dit teenstaan nie. Só word die kerk en sy sake reeds vir etlike jare bedryf. Besluite word eers geneem en daarná word die gemeentelede ingelig. “
Dié bestuurstyl is glo die sondebok wat gemeentegetalle oor die jare laat tuimel het, lui die klagskrif. “Sodoende het die kerk begin leegloop en het lede drasties verminder. Baie snaakse gebeure in die kerkkantoor die afgelope jare het baie vrae laat ontstaan en die vorige skribas kan daarvan getuig. Die predikant is ook wel bewus van baie onreëlmatighede en optredes, maar alles is eenvoudig doodgesmoor. Baie vrae word nou geopper en dit het tyd geword dat beide lidmate en oudlede nou hierdie vergadering op Sondag 3 Junie kom bywoon en hulle standpunte stel.
In die klagskrif word voorts gesê: “Só kan dit eenvoudig nie meer aangaan nie en die manipulering deur ’n paar mense moet nou vir altyd tot ’n einde kom. Die maklikste pad nou (is) dat die kerkraad ontbind of afgedank word en so ook die predikant. Usakos was al in die verlede sonder ’n prediker en dit kan weer gebeur en die gemeente het bly voortbestaan. Die huis van die Here word eenvoudig nie verkoop nie.”
Intussen het die algemene sekretaris van die NG Kerk Namibië, ds. Clem Marais, gister by navraag gesê hy dra geen kennis van die besluit om die Usakos-kerkgebou te verkoop nie.
Maar, sê hy, individuele gemeentes is die geregistreerde eienaars van hul kerkgeboue. “Hulle kan daarmee handel soos hulle wil.”
Elke gemeente is ’n onafhanklike regspersoon, sê hy.
Die kerkraad is die besluitnemende orgaan en benodig nie die sinode se verlof nie, beklem Marais.
Hy betreur die feit dat die oudlidmaat hom tot die media gewend het. “Dit is vir my jammer dat iemand nie die kerklike weë uitgeput het nie.”
Die ring is ’n kerklike liggaam waarna geappelleer kan word wanneer gemeentelede nie saamstem met die besluit van hul kerkraad nie, sê hy.
Dr. Andreas Voigt, bekende kultuurhistorikus, het gister gesê dit is moeilik om oor die waarde van ’n kerkgebou te bespiegel. “Die koop en verkoop van ’n kerkgebou is gewoonlik nie onderworpe aan die reëls van die eiendomsmark nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie