Held besteel glo slagoffers
’n Hawelose man van Manchester, Engeland, wat ná ’n bomaanval by die Ariana Grande-konsert as ’n held voorgehou is, het Dinsdag in ’n Britse hof verskyn in verband met bewerings dat hy slagoffers van die ontploffing besteel het.
Die polisie beweer Chris Parker (33) het ’n beursie gesteel van Pauline Healy terwyl sy ná die aanval op die grond gelê het. Healy se 14-jarige kleindogter, Sorrell Leczkowski (van Leeds), het in die ontploffing omgekom.
Parker het glo ook ’n selfoon van ’n ander slagoffer gesteel.
Die polisie het nog nie gesê hoe die beweerde diefstal aan die lig gekom het nie.
Ná die aanval in Mei, wat 22 lewens geëis het, is daar wyd berig oor Parker se dapperheid.
Hoewel hy deur die geweld van die ontploffing van sy voete af geruk is, het hy instinktief na die portaal van die Manchester Arena gehardloop om die slagoffers te gaan help, het hy vir joernaliste vertel.
Hy het onder meer “spykers uit kinders se gesigte getrek” en ’n onbekende vrou is “in sy arms dood”, het hy gesê.
Die Britse publiek was gaande oor hul nuutste held en die 25-jarige Michael Johns, ’n inwoner van Nottingham, het ’n skarefinansieringsveldtog vir Parker begin.
Johns het gemik vir £1 000 (sowat R16 000), maar mense was só gretig om Parker te help dat meer as £50 000 (R800 000) ingesamel is.
Die geld is in ’n trust vir Parker geplaas.
Maar dit was voordat dit aan die lig gekom het dat hy dalk ander slagoffers van die bomaanval besteel het.
Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning in die hof op 13 September. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie