Helde van gesondheid
Namibië se gesondheidswerkers is die voetsoldate wat in die loopgrawe van die pandemie die meeste blootgestel is en die statistiek onderstreep dit.
Gister is die eerste sterfte uit die geledere van gesondheidswerkers aangekondig.
Volgens die jongste syfers deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het 301 gesondheidswerkers in Namibië reeds positief getoets vir Covid-19. Dit is 4,1% van die totale getal gevalle in die land. Altesaam 202 van hulle is in diens van die staat.
Die roerende bedanking die naweek deur die arbeidsregkenner mnr. Herbert Jauch aan die span dokters en verpleegsters by 'n private hospitaal in Windhoek wat sy lewe gered het, getuig van hulle onbaatsugtige diens.
Hy het by die dood omgedraai weens Covid-19 en kon ná net tien dae ontslaan word. Sy spoedige herstel skryf hy aan die goeie gesondheidsorg toe.
'n Mens kan jou net voorstel wat die emosionele en fisieke uitputting moet wees waaraan verpleegpersoneel in intensiewesorgeenhede waar Covid-19-pasiënte om hul lewe veg, tans blootgestel is.
Hulle leef elke dag met die dood, en die angs wat dit bring, saam.
Hoewel hospitale se bestuurshoofde waarskynlik met groot sorg skofindelings doen om nie kwesbare personeel bloot te stel nie, weet ons uit die gedrag van die virus oënskynlik blakend gesonde mense het al gesterf.
Asof die toestande in Covid-sale nie erg genoeg is nie, isoleer gesondheidswerkers hulself tuis om nie gesinslede bloot te stel nie. Dit beteken hulle kan nie hulle geliefdes koester en aanraak nie.
Ons huldig ons land se gesondheidshelde.
Mag julle met geestelike krag geseën word.
SO SÊ ANDER
, 31 Augustus 2020
Moet (en kan) SA by hierdie situasie betrokke raak?
Uit Mosambiek kom ontstellende berigte oor die opmars van 'n fundamentalistiese Islamitiese rebellegroep wat hom as 'n filiaal van die Midde-Oosterse terreurgroep Isis beskou.
Hierdie groep, met die uitgebreide naam Al Soennah wa Jama'ah (ASJ), opereer veral in die noordelike Mosambiekse provinsie Cabo Delgado, en het reeds die strategiese hawedorp Mocimboa da Praia ingeneem.
Dis duidelik die Mosambiekse weermag nie in staat is om die opmars van ASJ te stuit nie. Dit werp die vraag op of Suid-Afrika iets aan dié situasie kan of moet doen.
Reeds sedert die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 was die veiligheidstrategie van alle agtereenvolgende regerings om buitelandse magte wat hulle as 'n bedreiging ervaar, so ver moontlik van ons land se grense te stuit.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) laaste jare duidelik agteruit geboer. Dis ook 'n relevante vraag of die SANW gesamentlik behoorlike kennis en insig van die politieke, ekonomiese en kulturele omstandighede daar het.
Bowenal moet die weermag opnuut 'n studie van teeninsurgensie-oorlog maak. Daarsonder gaan hy in 'n swart gat ingesuig word.
• Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie