Heli doen noodlanding op NY-gebou
Heli doen noodlanding op NY-gebou

Heli doen noodlanding op NY-gebou

’n Helikopter het Maandagmiddag plaaslike tyd ’n noodlanding op die dak van ’n wolkekrabber in Manhattan, New York, gedoen.

Sover bekend is net een persoon in die voorval dood, vermoedelik die helikoptervlieënier.

Die gebou waarop die helikopter geland het, die AXA Equitable Center, in Sewende Laan, is onmiddellik afgesper. Tientalle noodvoertuie was op die toneel in Sewende laan 787, ’n paar blokke van Time Square af.

Die goewerneur van New York, Andrew Cuomo, het op die toneel aan die media gesê die helikopter wou ’n noodlanding op die dak van die gebou doen. Dit is onduidelik of die weer, reën en sneeu, tot die noodlanding bygedra het.

Die kantoorwerkers in die gebou is vinnig uit die gebou ontruim.

Nathan Hutton, wat op die 29ste verdieping van die gebou werk, sê die gebou het geskud toe die helikopter die dak tref. “Jy kon dit deur die hele gebou voel.”

Die brand wat weens die noodlanding op die dak uitgebreek het, is onmiddellik geblus. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!