Helikopter help stapper
Helikopter help stapper

Helikopter help stapper

Die hulp van 'n polisiehelikopter is Dinsdag ingeroep om tot 'n beseerde vrou in die Visrivier-canyon se redding te kom. Volgens die polisie se bevelvoerder vir die ||Kharasstreek, komm. Rudolf Isaak, het die versoek om hulp van Namibia Medical Rescue 24/7 Services gekom om die vrou vir behandeling na Windhoek te vervoer. Me. ­Martina Joubert is volgens Isaak omstreeks 15:45 uit die canyon gelig en na die hoofstad gevlieg. Sy het volgens hom ­probleme met haar regterknie ondervind en kon nie verder in die spoelvallei stap nie. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer