Helikopter, honde vir soektog ingespan
Helikopter, honde vir soektog ingespan

Helikopter, honde vir soektog ingespan

Gemeenskap en polisie span saam
Augetto Graig
Augetto Graig – Die soektog na klein Mandela Nakale (4) word vanoggend voortgesit met die inspan van polisiehonde as die volgende hulpmiddel om die seuntjie te vind.

Volgens hoofinspekteur Theodore Kotungondo word elke moontlike hulpbron ingespan, nadat ’n polisiehelikopter reeds vergeefs oor die stofpaaie van Lüderitz se NHE en Area 7 nedersettings gevlieg het.

Die kusdorp se gemeenskap verleen ook uitgebreide hulp en sal na verwagting weer vandag inspring met die soektog, sê hy. “Ons is saam. Hulle is op voetsoolvlak met ons,” sê die streek se koördineerder vir misdaadbekamping.

Klein Nakale is laas omstreeks 12:00 op 28 Desember gesien, toe hy met ’n vierjarige dogtertjie en ander kinders van die gebied langs die Aeroplane Main Road na NHE en sowat ’n kilometer vanaf Area 7 gespeel het. Hy het ’n rooi T-hemp aan gehad, met ’n blou langbroek en sandale. Teen 18:00 is die meisie gekry met die ander kinders op soek na Nakale. Volgens die polisieverslag is dit onduidelik hoe hy van die groepie geskei is.

Sy ma, me. Juliana Ndafyaata, het hom die volgende dag by die Lüderitz-polisiekantoor as vermis aangemeld. Hul gesin was vir die vorige tien dae vanaf die Ohangwenastreek met vakansie langs die kus.

Sy pa, mnr. Nelson Mandela Nakale, sê die polisie en die plaaslike gemeenskap is uiters behulpsaam. “Die polisie het selfs ’n helikopter gestuur om ons te help soek, maar tot nou kon ons hom nie kry nie,” het hy Sondagmiddag aan Republikein gesê. Volgens hom het is die omliggende gebied en nabye stortingsterreine ook reeds gefynkam.

Afgesien van sowat 20 spesiale reserwedienslede wat laas week deelgeneem het, word al die plaaslike polisielede in volle uniform ingespan, sê Kotungondo. Toe hy gister met die koerant hieroor gekommunikeer het, was die hoofinspekteur dankbaar vir die hulp vanaf die publiek. “Die gemeenskap en die polisie soek saam, hoewel met geen sukses of geluk tot nou nie; geen leidraad waarop ons kan opvolg nie,” het hy gesê.

Enigiemand met inligting word versoek om die ouers by 081 695 4974 of 081 219 3691, hoofinsp. Kotungondo by 081 355 1422 of adjudant-offisier Kenahama by 081 317 6432 in verbing te tree.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!