Help om Maduro uit kussings te lig, vra Guaidó
Die troepe wat lojaal is aan die Venezolaanse pres. Nicolás Maduro het hulpkonvooie van die buiteland Saterdag met geweld verjaag. Twee betogers is in die onluste dood.
Juan Guaidó, opposisieleier en tussentydse president, het ook ’n beroep op Amerika gedoen en gevra dat al die moontlike gedoen word om Maduro uit sy pos te verwyder.
Die betogers kon nie deur die troepe se versperrings breek nie en is met traanrook en rubberkoeëls uiteen gejaag.
Volgens ooggetuies het gemaskerde mans in gewone klere ook met lewendige ammunisie op die betogers geskiet.
“Vandag se gebeure dwing my om ’n besluit te maak: om formeel aan die internasionale gemeenskap voor te stel dat ons alle opsies moet oorweeg om die vryheid van ons land te verseker,” het Guaidó op Twitter geskryf.
WESTERSE NASIES
Hy het hom verlede maand as tussentydse president verklaar.
Guaidó kry veral steun van die VSA.
Die meeste Westerse nasies beskou Guaidó nou as die land se wettige leier.
Donald Trump, Amerikaanse president, het al gesê militêre inmenging by Venezuela is “’n opsie”, maar Guaidó het nie Saterdag daarna verwys nie.
Die opposisie het gehoop die soldate sal die hulpkonvooie aanvaar, aangesien baie van die land se 10 miljoen burgers aan wanvoeding en siektes ly.
Twee vragmotors is selfs tydens die onluste aan die brand gesteek, het ’n ooggetuie gesê.
Guaidó het gesê hy sal voortdurend daarop aandring dat Maduro die hulp aanvaar. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie