Help ons boere
Die regering, tesame met alle bedrywe betrokke by boerdery, moet as ‘n saak van dringendheid planne beraam hoe om nou en in die komende maande en jare die gevolge van ‘n uitgeregte en vernietigende droogte te bestuur.
Ná die regering eers baie laat ‘n noodtoestand verklaar het en diplomatieke vennote en internasionale organisasies om hulp genader het, is genoegsame bystand aan alle geraaktes belowe. Die werklike toedrag van sake is nie 100% duidelik nie.
Republikein is byvoorbeeld bewus van boere wat al ses maande wag bloot om te hoor of hulle vir die staat se droogtehulp kwalifiseer. Dit klink byna onmoontlik. As sekere boere nie in aanmerking vir bystand kom nie, moet owerhede hulle so gou as moontlik laat weet.
In gister se berig “Krisis staar kommersiële boere in die gesig” is ‘n skrikwekkende prentjie geskets. Hiervolgens huiwer volhoubare boerdery voor ‘n gapende afgrond en selfs al val meer reën kan die komende twee jaar talle bykomende boere se rûe breek.
Hierbenewens staan boere voor ‘n aanslag deur beide die Afrika-kommandowurm en herfskommandowurm.
Die ontvouende ramp in landbou moet sonder verwyl aangespreek word. En goeie maatreëls sal op ‘n permanente grondslag nodig wees om die onvermydelike maer jare in landbou te bestuur. Geen land kan meer wag tot die omgewing hom periodiek op die knieë dwing nie.
Volgens sommige gaan die tussenposes tussen nat en droeë klimaatsiklusse eerder al korter word.
So sê ander
27 Januarie 2020
Rommelstatus vir die Landbank is gevaarsein vir SA
Met die afgradering van die Landbank tot rommelstatus gly nie net boere en die landbousektor nie, maar die hele Suid-Afrika nog ’n gevaarlike ent nader aan die afgrond.
Die uitspraak van Enoch Godongwana, die ANC se hoof van ekonomiese transformasie, dat die regerende party nie eintlik slapelose nagte oor Moody’s se afgradering van die Landbank het nie, skok en wek kommer. Tog verbaas dit nie.
Ongeërgdheid oor en ontkenning van ernstige krisisse deur die ANC en sy regeringsleiers is oorbekend, van munisipale tot nasionale vlak.
Op grondvlak steier boere en sukkel om staande te bly onder die kwynende ekonomie, beleidsonsekerheid, misdaad, veesiektes en droogtes. Nou word opkomende en kommersiële boere nog dieper in die skuld gedompel deur die afgradering. Saam met die Landbank, boere en landbousektor boer die ekonomie en die hele land verder agteruit.
Dit is te hope pres. Cyril Ramaphosa en ander party- en regeringsleiers huldig nie ook die oppervlakkige nie. Die bank se afgradering is die aanduider dat rommelstatus vir ander staatsondernemings en -entiteite en vir Suid-Afrika se totale staatskuld die land binnekort gaan tref.
Werkbare ekonomiese planne op alle vlakke en nie leë beloftes en die ontkenning van die erns van krisisse nie, is al wat nou die skade kan beperk en die land op ’n omkeerpad kan plaas.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie