Help ons land se kinders
Namibiërs weet onderwys loop nie oral klopdisselboom nie en op verskeie fronte staar die land se kinders groot uitdagings in die gesig.
Dit word opnuut grafies bewys deur die uitslae van navorsing by 32 behoeftige sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (ECD) in agt streke. Die verslag het breë omstandighede tuis, by die sentrums en in die gemeenskap ondersoek.
Dit bevat skietgoed wat prakties dadelik ingespan moet word om hierdie voorskoolse kinders ‘n beter kans op sukses te gun.
Herhaling onder graad 1-leerlinge het teen 2015 tot 22,7% toegeneem. Dit beteken byna een uit elke vier skoolbeginners word teruggehou.
Hoewel versorgers by ECD-sentrums passievol is om kinders te help, is uitdagings massief. Sentrums is geregistreer, maar bronne is beperk en baie geboue voldoen nie aan standaarde nie. Heinings ontbreek en daar is min veilige speelplek.
Dikwels is daar nie water en toilette nie en soms is die naaste kliniek 30 kilometer ver. Nie een sentrum het ‘n noodhulpkas gehad nie en geen personeel beskik oor noodhulpopleiding nie. Net 10% van sentrums voed kinders en net enkele bring skoolkos saam.
Opleiding is gebrekkig en sentrums beskik nie oor beleid, programme en hulpmiddels nie. Die lys gebreke is baie langer.
Onder verskeie aanbevelings tel beter toesig en bystand, asook toegang tot basiese dienste. Die hulp van gemeenskappe, ander rolspelers in slimvennootskappe word voorgestel.
Lae vlakke van ouerbetrokkenheid en die algemene verwaarlosing van kinders voorspel niks goeds vir die toekoms nie.
So sê ander
9 Junie 2017
PG du Plessis se laaste toevou van die gordyn
PG du Plessis was ’n man wat klippe in die bos gegooi en dan met fyn waarneming die reaksie dopgehou en gedokumenteer het.
Reeds met sy eerste werke, soos die dramas Siener in die suburbs en ’n Seder val in Waterkloof, was dié uitdagende klipgooier ’n voorloper onder sy tydgenote.
Hoewel hy in die volksmond waarskynlik sy bekendheid te danke gehad het aan sketse soos Koöperasiestories en die gewilde Spies & Plessié, was dit duidelik dat Du Plessis ’n dramaturg én skrywer was om mee rekening te hou.
Die hoogtepunt van sy prosakuns is sekerlik Fees van die ongenooides, wat sowel die ATKV- as die Helgaard Steyn-prys ontvang het.
Maar dis gewoon Du Plessis se vermoë om ongelooflike stories te vertel wat mense aan sy lippe kon laat hang; sy gebruik van die Afrikaanse taal, humor en die skep van wonderlike karakters, wat ongeëwenaar bly.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie