u2018Help ons,u2019 pleit wolboere by banke
u2018Help ons,u2019 pleit wolboere by banke

‘Help ons,’ pleit wolboere by banke

Cheréne Pienaar – Oorbruggingsfinansiering vir Suid-Afrika se wolboere is dringend nodig nadat die wolbedryf tot stilstand geruk is en produsente skielik sonder kapitaal is.

Só sê dr. Johan Willemse, landbou-ekonoom, oor die krisis wat die wolbedryf getref het met die nasionale wolveilings wat verlede week afgestel is weens ’n kontantvloeiprobleem.

Daarby het lam- en kalfpryse gestagneer en is veeboere skielik in ’n moeilike geldelike posisie voor Kersfees.

Willemse sê die wolveilings wat gestop is sal wolboere se kontantvloei ernstig knou.

“Hulle sal geen inkomste kry totdat die knelpunt opgelos is nie.”

Willemse sê dit is ideaal gesproke ’n goeie voorbeeld waar die Landbank tot ’n bedryf se hulp kan kom om die nodige oorbruggingsfinansiering teen ’n lae rentekoers aan wolprodusente te verskaf.

Intussen het wolpryse in Australië met 10% geval, wat Suid-Afrika verder raak.

“Indien daar veilings is, volg ons wolpryse dié van Australië, wat omtrent 90% van hul wol na China uitvoer.

“China se ekonomie is onder druk, onder meer weens die tariefoorlog met Trump en wol is ’n ‘luukse’ produk wat meeding met sintetiese materiaal.”

“So as dit swaar gaan in die wêreldekonomie, knyp dit wolverkope ook. Ons verswakkende rand gee darem ’n buffer.”

Die landboumaatskappy BKB het verlede week gesê hulle gaan verdere voorsorg tref en stoorkamers bou sodat die wol teen 31 °C geberg en vinniger uitgevoer kan word.

Die OVK in die Vrystaat het ook ’n plan in werking gestel om die krisis op te los.

Stefan Oberholzer, besturende direkteur van die OVK, sê hulle is reeds besig om nie net te verseker dat alle wol binne 28 dae verskeep kan word nie, maar ondersoek ook die moontlikheid om wol ná vier dae te kan verskeep deur dit vir vier dae in ’n stoorkamer teen meer as 37 °C te berg.

“Om wolprodusente te help, bied die OVK ’n 50%-voorskot op die vorige jaar se vesellewerings al is die wol nog nie gelewer nie, en 80% van die waarde indien die wol in Port Elizabeth gelewer is.”

Die Suid-Afrikaanse wol-en-bokhaarkopersvereniging (Sawamba), wat wol op die veilings koop, het hom onttrek omdat die kopers eers hul geld kry wanneer die wol China bereik en daar verkoop word, wat tot vyf maande kan duur.

Geen veiling, tog geen geweldige negatiewe invloed op bedryf

Deon Saayman, hoofbestuurder van Cape Wools, sê die feit dat daar geen veiling gehou kon word nie het ‘n geweldig negatiewe invloed op die bedryf gehad.

“Daar sou 13 576 bale aangebied word op hierdie eerste veiling, wat ’n beraamde omset van tussen R170 en R200 miljoen sou oplewer, met die finansiering hiervan wat tans baie uitdagend is. Die geldelike verliese vir boere, kommersieel én gemeenskaplik, en die erge invloed daarvan op die landboubedryf is duidelik aan die departement oorgedra.

“Die departement het toegegee dat dit kritiek belangrik is dat die uitvoere na China so gou doenlik moet hervat,” het Saayman verder gesê. – Lourens Schoeman/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!