Help vir Aroab
GLOUDIEN MINNAAR SKRYF:
Die uitmergelende droogte in Suid-Afrika en Namibië bly vir baie mense ’n groot werklikheid. Hoewel dit al op sekere plekke gereën het, is daar dele wat steeds bitter min of nog geen reën ontvang het nie. Die droogte se impak en nalatenskap sal dus nog lank gevoel word.
Vir ’n skooltjie soos Privaatskool Excelsior in die suide van Namibië beteken dit ouers sukkel om skoolfonds te betaal. Dit noop ons om geldsinsamelingsprojekte te hou om ons begrotingstekort te help verminder.
Een só ’n projek is ons jaarlikse kompetisie waar jy die kans staan om lekker pryse te wen, onder meer:
4 jagpryse (1ste prys: 1 bees, 2 koedoes, 2 gemsbokke, 2 springbokke en 2 skape),
4 vakansiepryse (1ste prys: 11 nagte se vakansie regoor Namibië asook N$2 000 se vervoertoelaag),
’n Geweerprys (Tikka T3X 25-06 met Rudolph Scope, T1 6-24x50mm T6 Reticle)
Om in te skryf, kan jy ’n boekie (4 kaartjies) vir slegs N$200 koop.
Maak asseblief jou hart oop en maak ’n verskil in ons skoolgemeenskap.
Kontakbesonderhede: Andriette Loftie-Eaton 081 283 8815; Gloudien Minnaar +27 82 378 0910

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie