HemelBesem vanaand in Windhoek
HemelBesem vanaand in Windhoek

HemelBesem vanaand in Windhoek

Yandi Du Plessis
Die Kaapse hip-hop-kunstenaar Simon Witbooi, beter bekend as HemelBesem, tree vanaand by die Vintage Coffee Shop op.

Dié gewilde rapper, skrywer, digter, aktivis, vermaker, opvoeder en motiveringspreker het ’n passie vir Afrikaans, kuns en kultuur. Sy boodskap fokus op die klanke, die variëteite en bowenal die bevordering van Afrikaans.

Vir die laaste paar jaar het hy deur innoverende maniere hierdie taak voortgesit en is hy bekend as ’n brugbouer wat die taal en sy kulture betref.

Benewens pryse wat hy oor die jare heen ontvang het, en uitsonderlike terugvoer vanuit die bedryf, sowel as vanaf literêre en taalfoendies, is sy werk steeds grensverskuiwend.

Kaartjies is op WebTickets teen N$80 beskikbaar en sal ook vanaand teen N$100 by die deur te koop wees.

Die deure open om 18:00 en die musiek begin tussen 19:00 en 19:30. Kontak Anne-Marie by 081 575 8996 vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!