Hengel se beroepslui druk arm by die see
Des Erasmus
Ses en dertig hengelaars van Suid-Afrika het sedert die naweek op Hentiesbaai toegesak vir 'n toetsreeks in Namibiese water wat van vandag tot Donderdag in die
RASSPL-geledere beslis gaan word. Hier te lande gaan die besoekers teen Namibiese lede van die beroepsliga ingooi.
Die reeks sal in vyf kategorieë beslis word met 'n uitnodigingspan wat ook gaan deelneem. Die groot stryd gaan tussen die twaalf beste hengelaars in elke span beslis word.
Met Hentiesbaai as basis gaan die Namibiërs 'n tuisvoordeel geniet . Dit is die derde toetsreeks wat deur die Rots en Strand Super Professionele Liga tussen die buurlande aangebied word. Die Suid-Afrikaners sal ook deur senior ampsdraers van die liga verteenwoordig word.
Die kategorieë waarin meegeding gaan word, is die grote tussen twaalfmanspanne van die twee lande, 'n toets vir vrouespanne met elkeen van die lande wat deur sy beste drie hengelaars verteenwoordig gaan word, driemanspanne in die kategorie meesters, twee driemanspanne in die kategorieë vir junior spanne onder 21 en onder 14.
'n Goue reël van die byeenkoms is dat elke vis wat gevang word se gewig gemeet sal word en die vis daarna terug in die water geplaas gaan word. Enige vis aan die hoek, van 'n baber tot bronshaaie en van alle eetbare spesies sal punte tel.
Ná die amptelike verwelkoming vandag sal die prysuitdeling Donderdag in die Lapa op Hentiesbaai volg.
Die Namibiese skakelpersoon vir die byeenkoms is Marina Kruger van Hentiesbaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie