Hengel se toetsreeks gelyk
Hengel se toetsreeks gelyk

Hengel se toetsreeks gelyk

SA se seniors klop Namibië
Anneli Erasmus
Des Erasmus -
Drie van Namibië se ses hengelspanne het die toetsreeks teen Suid-Afrika gewen, maar waar dit die seerste maak, die reeks tussen die seniors, was die Suid-Afrikaners bo. Namibië se wenspanne was die grootmeesters, die meesters en die onder 21''s. Suid-Afrika se seniors, vroue en onder 16''s was met die louere terug oor die Oranje.

Die twee buurlande was deur 120 hengelaars (sewe per span), bestuurders en afrigters verteenwoordig met Hentiesbaai as basis vir die drie vangdae. Toestande was nie gunstig nie met ''n dooigety. Terwyl die reeks nog aan die gang was, het van die Suid-Afrikaners al besluit om langer te bly. Van hulle het vyf dae langer op Hentiesbaai deurgebring en ander het by St. Nowhere noord van Myl 108 kamp gaan opslaan.

Die einde van die reeks Donderdagmiddag het vir spanning gesorg toe die onder 21-span van Suid-Afrika vinnig op die Namibiërs ingehaal het. Die Namibiese jong klomp het aan hul voorsprong bly klou en uiteindelik met ''n skrale voorsprong van 213,1 kg teenoor die Suid-Afrikaners se 204,7 kg gewen. Suid-Afrika se seniors het met 489,4 kg teen 409,8 gewen. Dit was ook ''n relatiewe klein punteverskil met ''n enkele bronshaai wat die skaal na die ander kant kon laat kantel. Dit het nie gebeur nie.

Die volledige uitslae was:

Seniors: Swaarste eetbare vis ''n kabeljou van 4,4 kg deur Nico Kotzé van Namibië, swaarste oneetbare vis ''n bronshaai van 129,4 kg deur Brian Curtis van Namibië, meeste visse Charl Marais van Suid-Afrika met 11.

Medaljewenners: Goud vir Charl Marais van Suid-Afrtika met 273,9 kg, silwer vir Brian Curtis van Namibië met 153,8 kg en brons vir Andrew van der Westhuizen van Namibië met 96,1 kg.

Spankompetisie: Suid-Afrika 489,4 kg, Namibië 409,8 kg.

Juniors onder 16: Swaarste eetbare vis deur Sean Kovenhoven van Namibië met ''n kabeljou van 2,1 kg, swaarste oneetbare vis deur Gerhard Hough van Namibië met ''n bronshaai van 93 kg en meeste visse deur Sean Kovenhoven van Namibië en Johan van der Westhuizen van Suid-Afrika met sewe elkeen.

Medaljewenners: Goud vir Johan van der Westhuizen van Suid-Afrika­ met 284,1 kg, silwer vir Gerhard Hough van Namibië met 93 kg en brons vir Marius Baardt van Suid-Afrika met 90,8 kg.

Spankompetisie: Suid-Afrika 471 kg, Namibië 125,2 kg.

Vroue: Swaarste eetbare vis deur Denise Hewitt van Suid-Afrka met ''n kabeljou van 6,4 kg, swaarste oneetbare vis deur Christelle Oosthuizen van Suid-Afrika met ''n bronshaai van 65,2 kg en meeste visse deur Julia Hart van Namibië met ses.

Medaljewenners: Goud vir Christelle Oosthuizen van Suid-Afrika met 106,4 kg, silwer vir Elsabé Campbell van Suid-Afrika met 91,1 kg en brons vir Kabous Louw van Suid-Afrika met 49 kg.

Spankompetisie: Suid-Afrika 274,7 kg, Namibië 126,1 kg.

Grootmeesters: Swaarste eetbare vis deur Cassie de Klerk van Suid-­Afrika met ''n kabeljou van 3 kg, swaarste oneetbare vis deur Deon Jacobs met ''n bronshaai van 71,5 kg, meeste visse André Muller van Namibië met vyf visse.

Medaljewenners: Goud vir Deon Jacobs van Namibië met 71,5 kg, silwer vir André Muller van Namibië met 51,1 kg, brons vir Gerrit Viljoen van Namibië met 40,2 kg.

Spankompetisie: Namibië 209.7 kg. Suid-Afrika 118,8 kg.

Meesters: Swaarste eetbare vis deur Herman Fourie van Namibië met ''n kabeljou van 4,1 kg, swaarste oneetbare vis deur Colin Hart van Namibië met ''n bronshaai van 69,6 kg, meeste visse Barry Wareham van Suid-­Afrika met 11.

Medaljewenners: Goud vir Colin Hart van Namibië met 74,5 kg, silwer vir Barry Wareham van Suid-­Afrika met 63,4 kg, en brons vir Sakkie Jansen van Rensburg van Suid-­Afrika met 50,2 kg.

Spankompetisie: Namibië 244,9 kg, Suid-Afrika 154,8 kg.

Junior onder 21: Swaarste eetbare vis deur Ross Bartlett van Suid-­Afrika met ''n kabeljou van 3,9 kg, swaarste oneetbare vis deur Christiaan Rossouw van Namibië met ''n bronshaai van 111 kg, meeste visse Franko Minnie van Suid-Afrika met ses.

Medaljewenners: Goud vir Christiaan­ Rossouw van Namibië met 120,3 kg, silwer vir Franko Minnie van Suid-Afrika met 52,9 kg, brons vir Jesse Botha van SA met 45,7 kg.

Spankompetisie: Namibië: 213,1 kg, Suid-Afrika 204,7 kg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!