Hengel soek brug oor troebel water
Vaaghede oor die meer as honderdvoudige heffing deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het sedert Vrydagoggend tot 'n Babelse verwarring gelei.
Des Erasmus - Vandag al gaan op twee fronte verantwoordelik voortbeweeg word om ‘n wolk van onsekerheid op te klaar wat sedert Donderdag dreigend oor hengel langs die Namibiese kus hang.
Die kern van die onmin is ‘n afleiding uit twee kennisgewings in die Staatskoerant dat ‘n hengelpermit nou N$1 500 per maand per visterman kos.
Vaaghede oor die meer as honderdvoudige heffing deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het sedert Vrydagoggend tot Babelse verwarring onder vistermanne en by die permitkantore op Hentiesbaai, Swakopmund en Walvisbaai gelei. Op Swakopmund het die kantoor selfs Saterdag- en gisteroggend gesluit waar permitte normaalweg op die naweekdae uitgeneem kon word. Op ‘n handgeskrewe kennisgewing teen die toe deure is wel verkondig dat ‘n permit om vis te vang nou N$1 500 per maand kos teenoor die N$14 per maand wat altyd gehef was.
TWEE FRONTE
Die twee fronte waarop in belang van die hengelaars opgetree word, is die Namibiese Rots- en Strandhengelverening en die Toerismevereniging van Hentiesbaai. Vertroue is Saterdag al uitgespreek dat die gemeenskap van hengelaars teen Vrydag behoort te weet presies waar hulle staan.
Die bestuur van die hengelunie het Saterdagoggend op ‘n noodvergadering besin oor die stormwater waarin die kode vaar. Die Toerismevereniging van Hentiesbaai tree namens die gemeenskap op en gebruik die munisipaliteit om ‘n afspraak op ministeriële vlak te kry. Terselfdertyd het ‘n kuberstormloop Vrydag losgebars waarin hengelaars versoek is om binne ‘n drukgroep, Hands off Angling, saam te staan.
Die onmin spruit in hoofsaak uit ‘n spesifieke paragraaf in twee kennisgewings in die Staatskoerant van 26 Junie vanjaar, kennisgewings 158 en 159. Daaruit word afgelei dat van hengelaars verwag word om ‘n heffing van N$1 500 per maand bo en behalwe die permitgelde te betaal.
HENGELKOMPETISIES
Ná die noodvergadering van die Hengelunie het mnr. Simen Andersen as woordvoerder opgetree en ‘n beroep op hengelaars gedoen om kalm te bly totdat duidelikheid verkry is.
Volgens hom is die ergste scenario dat dit die einde van strandhengel in Namibië kan wees. Groot geleenthede wat in die slag kan bly, is die hengelkompetisie tydens die Hentiesfees, die korporatiewe hengelkompetisie teen die einde van Oktober, die jaarlikse Bonanza op 26 Desember, ‘n hengeltoetsreeks teen Suid-Afrika op Namibiese strande en Namibië se deelname aan die wêreldkampioenskappe vir strandhengel.
Andersen wys daarop dat hengel jaarliks ‘n geskatte N$225 000 000 tot die ekonomie van Namibië bydra. Daarvan gaan byna niks oorbly nie. Hy meen Hentiesbaai en Swakopmund gaan die hardste getref word met eiendomspryse wat gaan val, sakeondernemings wat gaan sluit, en honderde mense wat werkloos gelaat gaan word. Nog ‘n verloorder gaan die oorde van Namibia Wildlife Resorts (NWR) langs die kus wees.
Hy het bevestig dat ‘n versoekskrik van die hengelunie reeds vandag by die minister van visserye en mariene hulpbronne gaan wees waarin vir ‘n breedvoerige verduideliking van die nuwe maatreëls gevra word. Voorstelle van die hengelunie is ook daarin vervat.
Op Hentiesbaai het die voorsitter van die toerismevereniging, me. Daleen Agenbag, vertroue uitgespreek dat die lug teen Vrydag gesuiwer gaan wees. Volgens haar is die hengelkompetisie die groot anker van die Hentiesfees in die laaste week van Augustus.
PERMITTE
Op Swakopmund het Babelse verwarring Vrydagmiddag by die permitkantoor van visserye geheers.
Mnr. Basil Cloete van Walvisbaai het by sy visstok op die strand aan Republikein gesê hy moes van 16:00 tot om 17:30 in die ry wag om ‘n jaarpermit teen die ou prys van N$168 per jaar te kry. Saterdag en gister was die kantore toe met ‘n kennisgewing teen die deur dat ‘n hengelpermit nou N$1 500 kos. Van die vistermanne in die ry het sommer ‘n rits jaarpermitte teen die ou prys uitgeneem nadat die name en identifikasiebesonderhede van vriende per selfoon gekry is.
Daar was ook gereeld tussen die permitkantore van Swakopmund, Walvisbaai en Hentiesbaai geskakel. Saterdagoggend is permitte steeds op Hentiesbaai uitgereik, maar volgens een bron was dit net maandpermitte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie