Hengelbonanza om die draai

Tanja Bause
Tanja Bause - Die jaarlikse Crockango Hengelbonanza vind vanaf 2 tot 6 Mei in Rundu plaas, met hengelaars van reg oor Namibië en ons buurlande wat aan die opwindende toernooi deelneem.
Die Kavangorivier is soos lokaas vir hengelaars, met 81 varswater visspesies wat hier voorkom, met die Nembwe, baber en tiervis wat meestal gevang word.
Die Crockango Hengelklub is in 1998 deur Rundu se ywerige vissermanne gestig om kunsaashengel in die Kavangorivier te bevorder, maar om ook die omgewing en die visspesies wat daar voorkom te beskerm.
Klublede is ook by die Namibiese Varswaterhengelvereniging geaffilieer.
Vir meer inligting oor die klub en die bonanza, besoek www.crockango.com.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer