Hengeldag behoort aanskoulike gesig te lewer
Kajakhengel
Aanloklike pryse staan volgende week op die spel in die unieke hengelkompetisie van die Namibiese Kajakvereniging – insluitend 'n splinternuwe kajak ter waarde van meer as N$20 000, geborgde vakansiepryse by Windpomp 14 of Namibgrens, asook hengelreise met bote.
Organiseerders verwag 'n dag vol aksie en die deelname van meer as 35 kajakke wat 'n redelike aanskoulike gesig behoort te wees.
“Die inskrywingsgeld is net N$250, om 'n kans te staan vir hierdie fantastiese pryse waarvan die totale waarde reeds op sowat N$48 000 te staan kom,” sê mnr. Johan Orffer, voorsitter van die Namibiese Kajakvereniging.
AANKONDIGING
Omdat die kusweer so onvoorspelbaar is, kan net 'n enkele kompetisiedag nie lank vooraf geskeduleer word nie, want veral vir beginners kan 'n ongure dag op see gevaarlik wees.
“Op Kersdag sal ons op grond van die weervoorspellings 'n beslissing maak en aankondig of die kompetisie op 28, 29, 30 of 31 Desember aangebied sal word.
“Die hengelgebied sal strek vanaf Walvisbaai tot by Myl 17 of Wlotzkasbaken, en die kompetisietyd sal vanaf ligdag tot die spertyd 15:00 oop wees,” sê Orffer.
Ná die dag se prysuitdeling sal die Kajakvereniging se algemene jaarvergadering gehou word, met die voorneme om vir die eerste keer 'n grondwet te aanvaar en sodoende by die Namibiese Hengelvereniging te affilieer, sodat die deur vir nasionale kleure geopen kan word.
Volgens hom word hierdie betreklik nuwe sport nog maar vir skaars drie jaar in Namibië beoefen.
– [email protected]
FOTO’s
Volgende week se kompetisie beloof om een van die grootstes nóg van die Namibiese Kajakvereniging te wees. Foto’s verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie