Hengelkampioene haal nasionale spanne

Suid-Afrika en moontlik Zimbabwe kom ding in Desember by Hardapdam mee.
Die 2018 Namibiese kampioenskap in liggereiboothengel is onlangs by die Hardapdam gehou.

Twintig bote, elkeen met twee hengelaars, het deelgeneem. Hengelaars het uit seniors, vroue en juniors bestaan.

Die voorste manshengelaar van die toernooi was Adri Cowley van Okahandja Hengelklub (Otjozondjupa­streek), wat ook die algehele individuele wenner was.

Tweede was Danie van Zyl, ook van Otjozondjupa, en derde Denys Opperman van Khomasstreek.

Die topdrie vroulike hengelaars was Bonita Doll van Erongo, gevolg deur haar twee spanmaats Jennifer Krauer en Zelda Horn.

Die onder 21-kompetisie is deur N.J. Binneman van Otjozondjupa gewen, met Dehan Horn van Erongo tweede.

Die topdrie hengelaars onder 16 was Demar Opperman van Erongo, gevolg deur Otjozondjupa se Janco van Tonder (tweede) en Pedri van Tonder (derde).

Die voorste boot van die toernooi was “Mr C” van Adri Cowley en Danie van Zyl, gevolg deur “Born to Fish” (Thomas-Jan Lambert en Frikkie le Grange) met “Oppermans” in die derde plek (Denys Opperman en Demar Opperman).

Die grootste karp van die toernooi (73 cm) is deur Gunther Krauer van Erongo gevang.

Die grootste baber was Detlef Klein van Erongo se vangs van 139,5 cm.

'n Nuwe Namibiese rekord is opgestel vir die grootste blou kurper (“blue bream”) toe Andrew Campbell van Otjozondjupa 'n bielie van 47,5 cm uitgehaal het.

Die grootste geelvis van die toernooi (44,5 cm) is deur Pedri van Tonder (jnr) van Otjozondjupa gevang.

Thomas-Jan Lambert van Otjozondjupa het met die grootste moddervis van die toernooi (48,5 cm) vorendag gekom.

Die volgende sewe nasionale spanne is na afloop van die toernooi aangewys om in Desember by Hardapdam teen Suid-Afrika en moontlik ook Zimbabwe deel te neem:

Namibiese senior mans: Denys Opperman van Khomas, Adri Cowley van Otjozondjupa, Rainer Horn van Erongo, Thomas-Jan Lambert van Otjozon­djupa. Bestuurder: Schalk Marais van Otjozondjupa.

Namibiese vrouespan: Bonita Doll van Erongo, Zelda Horn van Erongo. Bestuurder: Hacci Horn van Erongo.

Namibiese onder 21-span: Demar Opperman van Khomas, N.J. Binneman van Otjozondjupa, Dehan Horn van Erongo, Jennifer Krauer van Otjozon­djupa. Bestuurder: Nico Binneman van Otjozondjupa. Skipper: Gunther Krauer.

Namibiese onder 16-span: Pedri van Tonder van Otjozondjupa, Janco van Tonder van Otjozondjupa. Skipper en bestuurder: Boesman Pienaar van Otjozon­djupa.

Presidentspan: Devin Klein van Erongo, Joerg Walter van Erongo, Marius Brynard van Khomas, Leon Sagner van Erongo.

Ontwikkeling A-span: Ettiene Coetzee van Otjozondjupa, Flippie Scheepers van Erongo, Mark Nederlof van Erongo, Andrew Campbell van Otjozondjupa.

Ontwikkeling B-span: Henry du Plessis van Otjozondjupa, Fanie Terblanche van Erongo, Japie van Zyl van Otjozondjupa, Rudi Horn van Erongo.

Alle vis wat tydens die toernooi gevang is, is weer vrygelaat.

Die organiseerders bedank mnr. Andre Theart, voorsitter van Namibiese liggereiboothengel, en sy span bedank vir die suksesvolle toernooi, asook al die borge wat die toernooi die moeite werd gemaak het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!