Hengelkombinasies vir 2019 wêreldkampioenskap gekies
Spesieshengel
Ná die sukses van die Namibiese span in spesieshengel teen sy Suid-Afrikaanse eweknie by die Bloemhofdam vroeër vanjaar, was dit tyd vir die herontmoeting by die Hardapdam teen 'n Suid-Afrikaanse ontwikkelingspan.
Die kompetisie was 'n behoorlike toets, want goeie reëns het gesorg vir sterk invloei in die Hardapdam terwyl die kompetisie aan die gang was.
Dié verskynsel het ook die normale voedingsgewoontes van die visse ontwrig.
Hoewel die vangste aanvanklik traag was, was sone A die mees bedrywige area vir die hele 72 ure wat die kompetisie geduur het.
In dié sone is Namibië deur Anton Seabrooke en Gerhard van Niekerk verteenwoordig, wat formidabele teenstanders in William en Willem Petrie gehad het.
Die Namibiese paar het die eerste posisie beklink deur 252 visse met 'n massa van 786 kilogram uit te trek.
In Sone B was die kompetisie meer gelykop voordat Willie Sowden en Marc Schumacher van Namibië hul tweestryd met 'n verskil van 26 kg gewen het.
Sone C is deur die Suid-Afrikaanse span M. en J. Schlebusch met 'n totaal van 67 visse en 202 kg gewen.
Die kompetisie by Hardapdam is ook as Spesiehengel Namibië se nasionale proewe gebruik en die volgende lede is gekies om die land in Februarie 2019 by die FIPSed Karp wêreldkampioenskap by die Bloemhofdam in Suid-Afrika te gaan verteenwoordig:
Willie Sowden en Marc Schumacher;
Anton Seabrooke en Gerhard van Niekerk;
Immanuel Nyambali en Patrick Orange;
Jaco Sowden en Jaco Horn.
Die bestuurspan sal Renate Sowden en Betsie du Toit wees.
Spanne van altesame 22 lande het reeds hul deelname by die komende wêreldkampioenskap bevestig.
By die vorige wêreldbyeenkoms in 2008 by dieselfde dam het Namibië die bronsmedalje ingepalm – 'n prestasie wat die verkose span bitter graag wil gaan ewenaar of verbeter.
Spesiehengel Namibië spreek sy dank uit teenoor Namibia Wildlife Resorts, die Hardapdam en alle ander ministeries en rolspelers asook Bastion Farmyard vir hul ondersteuning.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie