Henk se hamergooi-vondse by eerste Grand Prix onthul
Die Namibiese beheerliggaam beoog vanjaar ’n totaal van tien Grand Prix-byeenkomste landswyd.
Tielman van Lill – Atletiek Namibië (AN) se eerste van tien Grand Prix-byeenkomste vir die jaar vind Saterdagoggend in Swakopmund by die Vineta-atletiekbaan plaas.
Mnr. Henk Botha, aangewys as die Konfederasie van Afrika-atletiek se beste afrigter in 2022 en ook Namibië se sportafrigter van die jaar, is opnuut besig om nuwe talent vir die land te ontgin.
Botha het twee sussies van Keetmanshoop Privaatskool, Ansuné Smith (13) en Annelize Smith (15), se talent ses jaar gelede by ’n Quinton-Steele Botes-oefenkamp raakgesien. Hoewel hy hulle sedertdien met gewigstoot en skyfwerp touwys gemaak het, het Botha vroeër vandeesmaand by dieselfde QSB-oefenkamp besluit om hulle in die hamergooi te toets.
“Ek het in die verlede gereken beide van hulle behoort hamergooi ook te doen. Ek het dit aan Jaco Smith, hul pa, genoem en binne ’n paar oefensessies het hulle die geleentheid behoorlik aangegryp.
“Hamergooi is ’n baie tegniese en moeilike item, maar die twee het ongelooflike baie natuurlike talent en kan drie draaie in die sirkel voltooi voor die hamer losgelaat word. Dis ’n moeilike konsep wat balans en vernuf vir ’n hamergooi-atleet verg om behoorlik baas te raak.
“Die meeste atlete wat hamergooi vir die eerste keer aandurf, staan basies die eerste jaar stil sonder om in die sirkel te draai. Dié twee sussies is baie belowend en natuurlik is dit ’n item wat ons graag weer in Namibië wil laat herleef.
“Ons wil graag hamergooi blootstelling gee en dis die rede hoekom hulle Saterdag vir die eerste keer gaan deelneem.
“Afstande is vir hulle in hierdie stadium geensins van belang nie. Wat belangrik is, is om ondervinding op te doen en om dit te geniet,” het Botha aan Republikein verduidelik.
MASILINGI TEEN MBOMA
Beatrice Masilingi en Christine Mboma se naelloop in die 100 meter sal gewis die groot aftrek kry. Beide het hul wêreldklas talent verlede jaar bewys deur onder meer die Olimpiese 200-finaal in Tokio te haal.
“Beatrice en Christine het reeds weer begin met ’n swaar en strawwe voorseisoenprogram. Ná verlede jaar se uitputtende internasionale seisoen moes hulle ’n ruskans kry. Ons het vroeg in Desember weer begin oefen, oor Kersfees ’n blaaskans gevat en op 2 Januarie weer vasgevat.
“Die internasionale atletiekseisoen skop middel Mei af. Die wêreldkampioenskap volg in Juliemaand in Eugene, Oregon, en daarna is die o.20-wêreldkampioenskap van 1 tot 6 Augustus in Cali, Colombia.
“Beatrice en Christine gaan Saterdag die 100 meter in Swakop hardloop. Daar is nie ’n 200-item op die program nie. Ek sien mense begin reeds op sosiale media bespiegel wie van hulle twee gaan wen. Dis bietjie absurd om hulle teen mekaar af te speel.
“Dit gaan nie oor wie gaan wen nie. Dis bloot deel van hul oefenprogram en ek gebruik die byeenkoms om hul individuele tye vir die 100 te bekom.
“Weens hul moeilike voorseisoen-oefenprogram sal dit nie indrukwekkende tye wees nie. Mense moet asseblief nie wonderwerke verwag nie en niks daarin sien nie. Dis ’n eksperiment om te kyk of die 100 dalk deel van hul kompetisieseisoen kan wees.
“Natuurlik het Christine gemengde gevoelens oor die 100, want sy wil eerder graag net op die 200 konsentreer. Dis waar sy verlede jaar ongekende sukses in ’n baie kort tydperk gesmaak het. Maar soos ek gesê het, dis ’n eksperiment en daar is geen druk van enige aard op hulle nie,” het Botha gesê.
DIE PROGRAM vir Saterdag
09:00: 5 000 m (mans).
09:30: Gewigstoot, verspring (mans). Skyfwerp, hoogspring, 100-hekkies (vroue).
09:45: 110-hekkies (mans).
10:00: 1 500 (vroue).
10:15: 1 500 (mans).
10:30: Driesprong, 400 (vroue), spiesgooi (mans).
11:00: 400 (mans).
11:30: 100 (vroue).
12:00: 100 (mans).
12:30: 4x100-aflos (vroue).
12:50: 4x100-aflos (mans).
WÊRELDATLETIEK (WA) se 2022 Diamantligabyeenkomste:
1 Doha, Katar, 13 Mei
2 Birmingham, 21 Mei
3 Prefontaine Classic, Eugene, VSA, 28 Mei
4 Rabat, Marokko 5 Junie
5 Rome, Italië, 9 Junie
6 Oslo, Noorweë, 16 Junie
7 Parys, Frankryk, 18 Junie
8 Stockholm, Swede, 30 Junie
9 Sjanghai, China, 30 Julie
10 Shenzen, China, 6 Augustus
11 Monaco, 10 Augustus
12 Lausanne, Switserland, 26 Augustus
13 Brussels, België, 2 September
14 Finaal, Zürich, Switserland, 7-8 September
2022 WA Kontinentale Toerbyeenkomste in Afrika
1 Gaborone, Botswana, 30 April (vlak C)
2 Nairobi, Kenia, 7 Mei (vlak A)
3 Port Harcourt, Nigerië, 20 Mei (vlak B)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie