Henrique beste van Rehoboth se Rooi Bulle
As spelskepper, driedrukker en stelskopper was die rooies se binnesenter vanjaar uitstekend op dreef.
Andrew Poolman
Rehoboth Rugbyklub het onlangs sy jaareindfunksie by die Oasis Restaurant gehou, waar die individuele uitblinkers met trofeë beloon is.
Rehoboth het vanjaar vriend en vyand verras met deurlopende goeie spel wat hom vierde op die puntelys vir die Namibië Rugby-unie se premierliga laat eindig het, bo FNB Western Suburbs en Kudus.
In die semifinaal teen FNB Unam het die Rooi Bulle selfs die vroeë voorsprong met 8-0 geneem en rustyd met 14-7 voorgeloop en het enduit in die wedloop gebly, voordat die hoër aangeskrewe studentespan met 25-20 deurgeskraap het.
Op individuele vlak was dit 'n onvergeetlike seisoen vir Henrique Olivier, vir wie afrigter David Philander vanaf sy gebruiklike posisie op losskakel verskuif het om meestal binnesenter langs Ascher Coetzee te speel.
Olivier het by die toekennings bykans skoonskip gemaak deur as Sportman van die Jaar, asook die spelers se speler van die jaar bekroon te word.
Dié eer was allermins 'n verrassing, want die 23-jarige Olivier se naam is vroeër ook uitgelees toe die eerste span se voorste driedrukker (13) én puntemaker (167) na vore geroep is.
Olivier het op die November-toer van 2018 in sy enigste toets sover gespeel, naamlik in die nederlaag met 13-34 teen Spanje in Madrid.
Hy het ook Varsity-bekerrugby vir die NMMU Madibaz gespeel en is tans in die Windhoek Draught Welwitschias se oefengroep wat vir volgende jaar se SuperSport-uitdaagreeks voorberei.
Sy sentermaat Hillian Beukes, die stut Kevin Cloete, haker Jeandre Cloete en flank Udo Mall was bewenens Olivier die ander nominasies as Rehoboth se sportman van die jaar.
Rehoboth se tweede span het vanjaar ook die finaal van die reserweliga gehaal, voordat FNB Wanderers II hul sukseslopie beëindig het.
Afgesien van Henrique Olivier se vier toekennings (Sportman, spelers se speler van die jaar, meeste drieë en meeste punte vir die eerste span) was die ander pryswenners soos volg:
Junior sportman: Chemigan Beukes (haker van vanjaar se Namibiese o.20's en flank vir die eerste span).
Mees toegewyde speler: Hillian Beukes.
Voorsitterstrofee: Vera Eimann.
Beste voorspeler in die eerste span: Kevin Cloete.
Beste agterspeler in die eerste span: Xauvier van Wyk.
Beste voorspeler in die tweede span: Chester Diergaardt.
Beste agterspeler in die tweede span: Elroy Hammerslaght.
Beste voorspeler in die derde span: Borris Majiedt.
Beste agterspeler in die derde span: Fillemon Mwanga.
Mees veelsydige speler in die eerste span: Brandon Dentlinger.
Mees veelsydige speler in die tweede span: Milon Lucas.
Mees veelsydige speler in die tweede span: Charl Fortuin.
Beste vordering in die eerste span: Jeandre Cloete.
Beste vordering in die tweede span: George Diergaardt.
Beste vordering in die derde span: Dino Gowaseb.
Meeste punte vir die tweede span: Milon Lucas.
Meeste driee vir die tweede span: Jason Olivier.
Meeste punte vir die derde span: Chester Diergaardt.
• In die week vooraf het die klub ook sy algemene jaarvergadering gehou waar die nuwe bestuur vir volgende jaar gekies is. Die volgende persone is aangewys:
President: Ockie Ockhuizen (herkies).
Voorsitter: Marschell Diergaardt (herkies).
Ondervoorsitter: Eugene Hartung.
Tesourier: Dolfie Brendell (herkies).
Sekretaresse: Juanita Ockhuizen (herkies).
Bykomende lede: Boytjie Eimann (herkies) en Nicky Dentlinger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie