Henties bespreek beweerde rassevoorvalle
Henties bespreek beweerde rassevoorvalle

Henties bespreek beweerde rassevoorvalle

“Berigte was eensydig, buite konteks”
Yandi du Plessis - Hentiesbaai se toerismevereniging het onlangs met die burgemeester en waarnemende hoof van die Hentiesbaai-munisipaliteit, mnr. Herman /Honeb, vergader om voorvalle van beweerde rassisme in dié kusdorp gedurende die afgelope feesseisoen te bespreek.

Volgens die toerismevereniging was berigte oor dié voorvalle aangedik en buite konteks geplaas.

Republikein het einde verlede jaar berig dat die adjunkmi­nister van inligting en kommunika­sietegnologie, mnr. Engel !Nawatiseb, 'n klag van naamskending aanhangig gemaak het, ná hy glo op Kersdag op Hentiesbaai deur ’n onbekende groep beswadder is, en onder andere daarvan beskuldig is dat hy ’n aandeel in die #Fishrot-skandaal het.

Hy is ook glo by sy private woning geteister en daar is beweerde lasterlike video's van hom op sosialemediaplatforms gedeel.

Die ander betrokke party, mnr. Paul Smit, 'n inwoner van Hentiesbaai, wat by die beweerde voorval betrokke was, sê mense by !Nawatiseb se huis het op hom geskree, hom met ’n gebreekte bottel gedreig en met ’n kar gejaag. Hy het nie ’n klag by die polisie aanhangig gemaak nie. Volgens hom was daar geen rassisme betrokke nie.

Volgens ’n mediaverklaring van die Hentiesbaai-toerismevereniging, sê die voorsitter, mnr. Wallie Roux, die vereniging distansieer homself van enige negatiewe berigte en die kommentaar wat daarop gevolg het.

Volgens die toerismevereniging is beriggewing oor dié gevalle buite konteks gedoen en moes dit deur die regte kanale hanteer word.

Volgens Roux is die hoofdoelwit van die vereniging om toerisme in Hentiesbaai aan te moedig en te bevorder, aangesien die kusdorp se voortbestaan daarvan afhang. Volgens die toerismevereniging se grondwet beoog hulle om “sosiale harmonie en vrede vir elke individu te bevorder” – dit geld vir inwoners en besoekers.

“Hentiesbaai se toerismevereniging keur enige vorm van rassisme ten sterkste af. Dit sluit respek vir 'n persoon se persoonlike ruimte, privaatheid en eiendom in.”

Die doel van die vergadering met /Honeb was om dié waardes van die vereniging te laat seëvier.

“Ons verwelkom alle besoekers aan ons klein vissersdorpie met die verwagting dat elke individu ander se reg sal respekteer om hul tyd in Hentiesbaai te geniet.”

Hentiesbaai se toerismevereniging se jaarlikse algemene vergadering sal op 17 Februarie by die Hentiesbaai-sportklub plaasvind.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!