Henties bo in vierde strandkompetisie

Hengel
Die vierde Namibiese rots- en strandhengel interklubkompetisie vir die jaar is vroeg vandeesmaand by Horingbaai aangebied.

Vyftien klubs het hul opwagting gemaak en tydens die kapteinsvergadering is die hengelarea vasgestel vanaf Doep se gat tot by Rondebos, met die hengeltyd vanaf 08:00 tot 15:00.

Die water het op die oog af goed gelyk, maar die weer was bra onaangenaam en koud – al het dit die hengelaars nie afgeskrik nie.

Die topdrie hengelklubs vir die dag was: 1 Hentiesbaai, 2 Orca, 3 Penquin.

Die topdrie hengelaars van die dag: 1 Riaan Tap van Mako hengelklub, 2 Juandre-Louis Grobler van Orca hengelklub, 3 Simen Anderson van Hentiesbaai hengelklub.

Die topdrie vrouehengelaars: 1 Melanie Honiball van Welwitchia hengelklub, 2 Elaine Vorster van Hentiesbaai hengelklub, 3 Sylvia Horn van Hentiesbaai hengelklub.

Die topdrie o.21 hengelaars: 1 Franco Kuhn van Otjiwarongo hengelklub, 2 Iwan Kotze van Seagulls Windhoek hengelklub, 3 Dieter Heimstadt van Okahandja hengelklub.

Die topdrie o.16 hengelaars: 1 Francois Wolfaardt van Hentiesbaai Hengelklub, 2 Rudi Swartz van Mako hengelklub, 3 Stefan Snyman van Penquin hengelklub.

Die swaarste eetbare vis was ’n kabeljou van 3.6 kg, gevang deur Elaine Vorster van Hentiesbaai hengelklub.

Die swaarste oneetbare vis ’n bronshaai van 46.6 kg, gevang deur Riaan Tap van Mako.

’n Totaal van 137 oneetbare vis met ’n gewig van 164.3 kg en 34 eetbare vis met gewig van 512.3 kg is tydens die dag aan wal gebring. Alle oneetbare vis is ook weer terug in die seewater vrygelaat.

Belangstellendes is welkom om die vereniging se webtuiste www.nsaa.com.na te besoek.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer