Henties-galg se tou verdwyn
Aktiviste dreig om die galg self teen Sondag te verwyder, indien hulle nie spoedig 'n bevredigende antwoord van leiers ontvang nie.
Elvira Hattingh – Terwyl die tou van Hentiesbaai se galg onlangs soek geraak het, het aktiviste teen gistermiddag nog nie 'n antwoord gehad oor of die galg gaan bly of verwyder sal word nie – al het hul sperdatum vir terugvoering hieroor reeds Woensdag verstryk.
Die EM Love Foundation se stigter en uitvoerende hoof, me. Mavis Elias, het gistermiddag aan Republikein gesê hulle hoop om vóór die einde van die dag terugvoering hieroor te ontvang.
Die stigting, wat volgens sy webwerf 'n nie-regerings- liefdadigheidsorganisasie is wat minderbevoorregtes help, dryf dié aktiviste-beweging. Hulle meen die galg dien as 'n simbool van 'n pynlike verlede van rasse-onderdrukking.
Hentiesbaai se burgemeester, mnr. Herman Honeb, kon nie gister telefonies bereik word om te sê wat die raad besluit het nie. Hy het onlangs aan aktiviste gesê die dorpsraad het tyd tot 24 Junie nodig om die nodige wetsprosesse te volg en te stem of die galg verwyder moet word of bly.
Die aktiviste het toe gesê indien hulle nie betyds 'n bevredigende reaksie van owerhede ontvang nie, sal hulle teen 28 Junie na Hentiesbaai reis om die galg te verwyder.
Intussen het 'n petisie vir die behoud van die galg teen gister nog net 125 handtekeninge gehad, terwyl die een vir die verwydering daarvan deur EM Love Foundation 4 387 keer onderteken is.
TOU VERDWYN
Hoewel talle Hentiesbaaiers hul ontsteltenis op sosiale media uitgespreek het oor die galg se tou verdwyn het, het een persoon aangebied om die koste te dra sodat eerder 'n “mooi bord opgehang kan word wat die eintlik bedoelde boodskap van die galg uitspreek”.
Nog 'n voorstel was om eerder 'n anker daar op te hang as 'n “simbool vir vastigheid, geanker in Hentiesbaaiers se standaarde en samehorigheid”.
Nog iemand sê die stomp lyk mooier sonder die tou en “nou kan almal voortgaan met hul lewens.”
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het intussen sy standpunt op 18 Junie in 'n publikasie deur Nishi Felton verklaar.
Hierin word 'n bewering op die Hentiesbaai Toerisme-webblad, naamlik dat die hang van mense in Namibië “obskure” gebeurtenisse was, aangeval.
“Hoewel dit aanvaar word dat die galg by Hentiesbaai se doel nooit openbare teregstelling was nie, toon betroubare historiese bronne duidelik waarom die galg 'n simbool van 'n uiters pynlike en traumatiese koloniale verlede in Namibië is,” word in die verslag gesê.
Felton, 'n Namibiër wat etiek, politiek en ekonomie aan die Yale Universiteit in Amerika bestudeer, haal verskeie historiese bronne in dié IPPR-publikasie aan om dié punt te staaf.
AGTERGROND
Henties se galg is sowat 42 jaar gelede opgerig om rommelstrooiers humoristies, dog ferm te waarsku om nie die dorp te bemors nie.
Ofskoon die galg se boodskap uitsluitlik op morsjorse gerig was, is dit onlangs deur aktiviste as 'n ongewenste simbool van rasse-onderdrukking beskou.
Talle inwoners meen aktiviste “skep hul eie rassekwessie” rakende die galg, terwyl die geskiedenis van die spesifieke baken dit nie regverdig nie.
Die gedenksteen aan die voet van die galg dui aan dat dit in 1978 opgerig is as “'n versoek om die dorp en die strande skoon te hou”.
Volgens 'n inskrywing op die Hentiesbaai Toerismevereniging se webblad het twee van die dorp se eerste permanente inwoners, mnre. Frank Atkinson en Willie Cilliers, dit in 1978 opgerig as 'n “vriendelike, tog ferm” waarskuwing vir morsjorse.
Die dorp se burgemeester het tevore aan Republikein gesê hy reken daar is beter metodes om mense te kry om nie rommel te strooi nie en dat dié galg vir hom, persoonlik, geen goeie teken is terwyl gestreef word om 'n verenigde en versoende toekoms te bou nie.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie