Henties se dr. Hugo oorlede
Dr. Leon Hugo, wat vir die afgelope 16 jaar op Hentiesbaai gepraktiseer het, het Dinsdagoggend afgesterf.
Iréne-Mari van der Walt – In die vroeë ure van Dinsdagoggend het Hentiesbaai hul geliefde dr. Leon Hugo aan die dood afgestaan. Dr. Hugo het sy praktyk in April 2005 op die aftreedorp gestig en het sedertdien met sy vrou, suster Marthie Hugo, die praktyk beman.
Hy is op 72 jaar oorlede en sou op 1 Augustus sy 73ste verjaarsdag gevier het. Hoewel dr. Hugo tevore positief vir Covid-19 getoets het, kon sy Covid-status tot dusver nie as die oorsaak van sy heengaan bevestig word nie.
Sy dogter Lizl Hugo vertel van haar pa se oorweldigende passie vir sy werk.
“My pa wou altyd alles vir ander mense doen. Hy het self skuldig gevoel omdat hy ’n hospitaalbed opgeneem het toe hy self in die hospitaal was,” sê sy.
Sy vertel dat omgee en liefde die kern van haar pa was.
“Hy was liefde wat rondgeloop het. Ek dink hy was letterlik ’n engel wat afgestuur is. Hy het nooit kwaad geraak nie. Hy was gaaf en saggeaard,” sê sy.
Hoewel suster Marthie tydens die pandemie in die voorste linie van Hentiesbaai se stryd teen Covid-19 is, vertel Lizl hul praktyk is tot verdere kennisgewing gesluit.
“Sy sal seker van tyd tot tyd wil ontsnap, want sy probeer nog steeds uithelp. Hulle is maar van daai outydse dokters en verpleegsters – dit bly maar hul roeping,” sê sy.
Die Hugo-egpaar se seun, Murray Hugo, vertel sy pa was ’n geloofsman.
“Hy het geweet wie sy Skepper is en hy het elke dag gestreef om Hom beter te ken, so ek twyfel glad nie oor waar hy nou is nie,” sê hy.
Hoewel dr. Hugo as ’n mediese praktisyn sy ganse gemeenskap se harte gewen het, vertel sy seun dat hy selfs ’n beter pa vir sy kinders was.
Murray vertel dat hy die laaste familielid is wat sy pa besoek het. “Hy het gedink hy kom huis toe,” sê hy.
– [email protected]
FOTO
Lizl Hugo vertel dat haar pa ‘n spesiale band met haar hond Gaia gehad het. Gaia is in April vanjaar oorlede. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie