Henties se duine toets ruiter en perd
Perdesport
Janél Marais op Hentiesbaai
Die Windhoek-uithouritklub (WERC) het die afgelope Vrydag en Saterdag die jaarlikse Namibian Desert Challenge by Hentiesbaai aangebied.
Ten spyte van Covid-19 en die beperkings wat dit teweeg bring, was die getalle inskrywings meer as verwag. Die ruiters was baie opgewonde en het groot sportmanskap ten toon gestel, in besonder toe Bianca Jacobs 'n jong ruiter gehelp het wat seergekry het.
Sowat 60 ruiters het in verskillende kategorieë van liggaamsgewig of ervaring deelgeneem, oor die afstande 41 km, 63 km, 83 km, 104 km of 120 km.
Volgens dr. Henning du Toit, die president van WERC, het die roete – uiteengesit deur mnre. Albi Smit en Leon van Zyl – heelwat tegniese eise aan die ruiters gestel.
Daar was vyf skofte waartydens perd en ruiter die elemente moes trotseer, met Duin 777 ('n punt wat tydens 'n vorige uithourit so gedoop is, met 'n tong in die kies verwysing na Duin 7) as een van die grootste uitdagings.
Een van die hoogtepunte was die waterpunt op De Duine Hotel se voorstoep en menige Hentiesbaaiers en toeriste het dit geniet om te sien hoe die perde teen die sandduin op- en afbeweeg.
Altesame 77% van die ruiters het die uithourit suksesvol voltooi met die enkele onttrekkings meestal te wyte aan 'n perd se hoef- of spierbesering wat deur dr. Janneke Kirchner en haar bekwame span uitgewys is.
Die reëlingskomitee (Franzi en Dewet Marais en drs. Barbara Scholtz en Henning du Toit) het hul dank uitgespreek teenoor die borge, naamlik Lukzet Stalle (John and Penny Jones) en mnr. Leon Harmse.
Die uithourit is deur die burgemeester van Hentiesbaai, mnr. Lewies Vermaak, en senior lede van Namibiese Perdesportfederasie (NAMEF) bygewoon.
Die algehele afstandswenners was soos volg:
124,50 km – Justus Afrikaner op Wiejandie Nabil, 6 uur 07 minute 05 sekondes.
104,50 km – Janey Blaauw op Hurst Mashar, 5:31:27.
83,20 km – Dawid Lammert op Rasheeq Memoir, 5:08:46.
63 km – Stuart Jacobs op Hurst Oman, 4:22:18.
41,5 km – Justus Afrikaner op Jabula Cheeky, 3:05:57.
• Die gesogte toekennings vir die bes voorbereide perde ná die tweede dag se 124,7 km afstand is soos volg aangewys:
Kinderruiter: Hurst Rasheeka (Joame Kuhn)
Jong ruiter – Hurst Saigon (Caila Potgieter)
Geengewig – Wiejanie Kaily (Franzi Marais)
Standaardgewig – Wiejandie Nabil (Justus Afrikaner)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie