Henties se vaandels wapper hoog in feesjaar
Des Erasmus
Verlede jaar was die Hentiesfees ‘n treffer. Toe is aanvaar dit was te danke aan die status van die Suider-Afrikaanse Dorp van die Jaar wat aan dié vakansieoord toegeken was. En vanjaar? Hier beur die fees van 25 en 26 Augustus al weer groter.
Die voorsitter van Hentiesbaai se toerismevereniging, me. Daleen Agenbag, weet self nie mooi hoe om dit te verklaar nie. Miskien is dit nog ‘n oorspoeling van verlede jaar. Miskien is dit ‘n nuwe norm wat verlede jaar daargestel is. “Ons beur net voort,” sê sy.
‘n Moontlikheid is dat die openbare vakansiedag op 26 Augustus ‘n rol in die voortstomende geesdrif kan speel. Maar dit is ‘n Saterdag en gevolglik ‘n naweekdag. ‘n Moontlikheid word genoem dat Vrydag 25 Augustus as ‘n openbare vakansiedag verklaar gaan word om vir die verdubbeling in te staan.
“Gebeur dit, gaan die gort eers gaar wees,” sê Agenbag.
‘n Gereelde meetsnoer in die aanloop tot so ‘n fees is die belangstelling in kraampies. Ses weke voor die Hentiesfees was al 30 die binnekraampies reeds bespreek. In die meeste gevalle was dit die kraampiehouers van verlede jaar wat weer gaan kom. Buite die feestent is daar plek vir nog ‘n 100 kraampies.
Weke voor die tyd was daar nog net 30 van die buitekraampies beskikbaar met 70 staanplekke wat reeds bespreek was. Die skakelpersoon vir die oorblywende staanplekke is Zelda Grobler-Nel van die kwekery Sea Gull.
Onder die kunstenaars wat bevestig het dat hulle daar gaan wees, is Adam, Adam Tas, Nedine Blom, Irene-Louise en Melinda Bam, ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika. Irene-Louise gaan tydens die damesoggend optree waar Melinda ook as motiveringspreker op die verhoog gaan wees. Onder ‘n reeks plaaslike kunstenaars wat gaan optree, is George Longane ("Pata, pata") en Hentiesbaai se eie Denise du Toit.
Op sportgebied word ‘n strandrugbytoernooi by die Lukzet-perdesentrum as ‘n moontlike nuwe toevoeging genoem. Dis juis dié sentrum waar troetelsessies met diere soos Elsa, die vark, ‘n paar skaaplammers, ‘n verwende donkie Feline, en die spogperd Bertus, ‘n ingevoerde bloubloed uit die Nederlande, aangebied gaan word.
Leon Krauze het as woordvoerder vir die groot fietsrybyeenkoms en die jaarlikse hengelkompetisie opgetree. Vir ernstige en minder ernstige fietsryers is daar vier togte - 90 km van Swakopmund na die feesterrein, 60 km, 35 km en ‘n pretnommer oor 10 km. Die groot trekpleister vir Namibië se voorste fietsryers gaan die medaljes wees vir die manne en vroue wat klaarmaak.
Die wedren oor 60 km sal soos die 90 km hoofsaaklik die roete van die bestaande soutpad tussen Swakopmund en Hentiesbaai volg. Kom dit by prysgeld, gaan die hengelkompetisie die groot trekpleister wees. Krauze sê baie meer as net die kampioenvis of die kategoriewenners van kabeljoue, steenbrasse, galjoene en kolsterte gaan beloon word.
Soos reeds die afgelope jare gaan Republikein weer met ‘n feeskoerant kom wat enkele dae voor die Hentiesfees as gids vir besoekers gaan dien. Die skakelpersoon vir adverteerders is Nicoleen Coetzee, by 081 242 3608, op Swakopmund.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie