Henties span saam vir mediese sorg
Henties span saam vir mediese sorg

Henties span saam vir mediese sorg

Die ontwikkeling behels onder meer die koop van woonstelle in Jakkalsputzstraat waar uitgebrei kan word.
Des Erasmus
Des Erasmus - ‘n Net van gemoedsrus, welsyn- en gemeenskapsdienste en gesondheidsorg het op Hentiesbaai vorm aangeneem danksy ‘n verenigde front wat op Namibië se gewildste vakansieoord op die voorgrond getree het.

In die proses het die kleine Hentiesbaai aan die groter Namibië bewys wat gedoen kan word waar die staat nie meer kan bykom nie.

Die rolspelers is tydens ‘n mediakonferensie by die seefront naby die Ankerhuis op die Suidduin uitgeken. Die vyf pilare waarop die unieke diens rus, is die Lions as diensorganisasie, die dorp se bestaande versorgingseenheid vir verswakte senior burgers, ‘n tuisverplegingsdiens Nurses on Wheels, die dorp se enigste geneesheer en LifeLink, die ambulansdiens wat Hentiesbaai bedien.

Tydens die konferensie het mnr. Bertie Botha namens die Lions, me. Kobie van der Walt namens die versorgingseenheid as private inisiatief (WO-nommer237), en me. Corrie Steyn namens Nurses on Wheels opgetree. Die baanbrekersprojek kom op ‘n Namibiese dorp wat reeds die status van die Suider-Afrikaanse Dorp van die Jaar beklee het met die Lions wat al vereer was as die wakkerste groepering in Suider-Afrika.

As inleier van die gesprek het Botha gesê Hentiesbaai beskik nie oor ‘n hospitaal nie. Daar is ook nie ‘n aanduiding dat die dorp binne ’n afsienbare tyd ‘n hospitaal gaan kry nie. Die naaste daaraan is die bestaande kliniek met inwoners wat vir hul naaste hospitalisasie op Swakopmund aangewese is.

Oor die front het Botha gesê dit bedien dieselfde mense met gesondheidsorg wat deur ‘n dorp met ‘n geskatte 800 senior burgers genoodsaak word. “Ons is interafhanklik van mekaar.”

Hy het na die Lions verwys as ‘n instansie wat 11 jaar gelede ook op Hentiesbaai gevestig het met die uitgangspunt van wat van die gemeenskap ontvang word, moet weer aan die gemeenskap teruggegee word. Met gesondheidsorg word die gemeenskap bedien.

Dit het gelei tot die Lions se betrokkenheid tot die uitbreiding van die sorgeenheid, maandelikse geldelike ondersteuning van ‘n ambulansdiens, die vervoer van pensioentrekkers na die apteek en terug, die afvoer van pasiënte na Swakopmundse hospitale en dokters en die hantering van noodgevalle deur opgeleide paramedici.

WAGLYS

Van der Walt het gesê die bestaande sorgeenheid is vol met 28 verswakte senior burgers na wie omgesien word. Daar bestaan ‘n waglys. Ontwikkeling behels die koop van woonstelle in Jakkalsputzstraat waar uitgebrei kan word met die planne wat voorsiening vir 12 beddens op die boonste vloer en nog ses onder maak. Die bou- en ingenieursplanne is al beskikbaar.

‘n Huis in Seemeeustraat langs die sentrum is gehuur en opgegradeer om aan standaarde te voldoen om plek aan nog vyf sorgbehoewende mense te bied. Vier van die beddens is onmiddellik opgeneem.

‘n Perseel oorkant die straat in Seemeeustraat is gekoop. Terwyl op voorstelle vir ontwikkeling gewag word, is kennis wel geneem van ‘n behoefte wat ontstaan het vir die versorging van Alzheimer-pasiënte. Vir verpleging het ‘n tweede suster, me. Thess Pretorius, haar ook aangemeld. Die Lions het ingestem om vir die oprigting van die aanvullende sorgsentrum in te staan.

Nuut op die gebied van verswakte senior burgers is ‘n metgeselprojek. Dit is om iemand te laat inwoon by iemand wat nie meer na hom- of haarself kan omsien nie. Die eerste so ‘n plasing is reeds gedoen en dit werk uitstekend, sê Kobie.

Die Lions en die sorgsentrum is vir finansiering op hulself aangewese. Daarvoor word hard gewerk met onder meer pannekoekverkope en met kraampies by geleenthede soos die Hentiesfees. Juis dié verhewe doelstellinge het bygedra tot erflatings, fondse, geborgde staptogte en trustgelde.

Bystand kan verleen word deur van die volgende rekeninge gebruik te maak:

Lions Hentiesbaai, Bank Windhoek, Project Account, rekeningnommer: 8001301612, tak: Hentiesbaai, of

Frail Care Association of Henties Bay, Alzheimer project, Bank Windhoek, Henties Bay, rekeningnommer: SAV2000246918, takkode: 481072.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!