Hentiesbaai sê dankie aan Des en Anneli Erasmus

Mandy Rittmann
BERTIE BOTHA VAN DIE LIONS KLUB HENTIESBAAI SKRYF:

Die Lions Klub van Hentiesbaai het ’n paar weke voor Des Erasmus se afsterwe ’n toekenning aan hom en Anneli gemaak vir hulle bydrae tot die gemeenskap van Hentiesbaai.

As gevolg van die konstante beriggewing deur die jare oor Hentiesbaai en spesifiek oor ons klub se bydrae tot welsyn, gesondheidsdienste en gemeenskapsontwikkeling het hulle ons blub aan die breë publiek bekend gestel.

By hierdie geleentheid het my gedagtes vêr teruggegaan oor die bykans vyftig jaar wat ek die voorreg gehad het om Des te ken. Ek kon nie anders om te dink aan ’n rubriek wat in die vyftigerjare van die vorige eeu in die byvoegsel van die Naweek Burger verskyn het nie. . . “By my venster verby” – deur Aat Kaptein.

Niks is vir my meer toepaslik in Des se loopbaan nie. Deur die jare het ons saam die volle spektrum van die grondwetlike ontwikkeling, die optes van die politiek, droogtes, die mooi dae en ook die donker dae in ons land se ontwikkeling na onafhanklikheid aanskou. Hierdie gebeurtenisse het by ons lewensvenster verbybeweeg.

Ek sal altyd die gesprekke onthou wat ons gevoer het oor ons land – sy idealisme met die nodige realisme.

Daarom wil ons dankie sê vir jou bydrae tot ons gemeenskap. Dankie vir die jare wat jy die stofpaaie bewandel het, om die stories te gaan haal oor die weivelde, die berglandskappe en die visvelde wat jy in jou keurige Afrikaans so goed kon beskryf.

Dit was ’n groot eer vir ons, die Lions Klub van Hentiesbaai, om hierdie toekennings aan jou en Anneli te maak, julle 93ste saam.

Saam met Marinus Wiechers, wat op 'n dag na twee weke voor Des oorlede is, het die twee ’n onuitwisbare nalatenskap op hulle gebiede van die joernalistieke en grondwetlike ontwikkeling tot ons land se geskiedenis bygedra. Ons sal hierdie bydraes altyd koester.

Dit mag by ons lewensvenster verbygegaan het, maar hulle het dit uit die Namibiese huis gesien en gelewer, ’n huis waarvaan hulle altyd inwoners sal wees. Hulle verdien dit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!