Hep E: 28 gevalle 'n dag
Hep E: 28 gevalle 'n dag

Hep E: 28 gevalle 'n dag

Die meerderheid mense met hepatitis E is werkloos en gebruik kommunale krane.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Byna 30 nuwe gevalle van hepatitis E is in die laaste week van Julie daagliks oraloor die land aangeteken.

Die siekte het boonop die lewens van vyf mense binne twee weke geëis.

In die meerderheid gevalle is mense met die siekte werkloos, gebruik kommunale krane en eet kos van straatverkopers.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is byna 6 000 mense sedert 'n uitbreking op 14 Desember 2017 in Windhoek verklaar is, met die siekte gediagnoseer. Die totale sterftes staan op 53, waarvan 21 swanger vroue was.

Vir die week van 22 tot 29 Julie is 199 nuwe gevalle aangeteken teenoor die 30 gevalle van die week tevore.

Volgens die ministerie het die aantal gevalle in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar ook 'n hoogtepunt bereik. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat mense nie hul hande was nie omdat dit winter is en hulle te koud kry.

Die meeste van die gevalle (60%) is manlik, omdat mans meer geneig is om kos by straatverkopers te eet. Mans is ook minder geneig om hul hande te was voor hulle eet.

Sowat 9% van die gevalle is in die hospitaal opgeneem, terwyl 122 mense en 164 met onderskeidelik hepatitis A en B gediagnoseer is, terwyl hepatitis E en A by 10 mense gediagnoseer is.

Die meerderheid van die gevalle in die betrokke twee weke was steeds in die Khomasstreek (135), gevolg deur Omaheke (15) en Erongo (14). Uit die totaal van 5 940 gevalle het 64% van die bevestigde gevalle in die ­Khomasstreek voorgekom, gevolg deur Erongo met 23%.

Die ouderdomsgroep 20 tot 29 jaar (39%) en 30 tot 39 jaar (34%) word die meeste geraak, terwyl weer eens meer mans as vroue met die siekte gediagnoseer word.

Ook die aantal hepatitis A-gevalle is volgens die ministerie besig om in die Omusatistreek te styg, met 66 wat tot dusver aangemeld is.

Sedert die ministerie 'n uitbreking in Desember 2017 in Windhoek verklaar het, het die siekte na nog nege streke in die land uitgebrei.

Die meeste gevalle kom in informele nedersettings soos Havana en Goreangab in Windhoek voor, asook in die DRC in Swakopmund en soortgelyke nedersettings waar toegang tot skoon water, sanitasie en higiëne beperk is.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!