Hepatitis E neem af
Namibië se reaksie op die Covid-19-pandemie het gehelp om persoonlike higiëne in informele nedersettings te verbeter wat tot minder hepatitis E-infeksies gelei het.
Jana-Mari Smith – Geen nuwe hepatitis E-sterftes is sedert 3 Maart in Namibië aangeteken nie. Dié sterftesyfer was in Maart 65.
Die Covid-19-pandemie het tot ’n beduidende toename in handewas en verbeterde sanitasiegeriewe in Namibië se informele nedersettings gelei waar hepatitis E sedert laat 2017 hoogty vier.
Die jongste verslag wys 7 983 gevalle is sedert Desember 2017 aangemeld waarvan 2 084 deur ’n laboratorium bevestig is.
Die siekte kom oorwegend in Windhoek se informele nedersettings voor waar 4 933 (62%) van gevalle aangeteken is, gevolg deur 1 690 gevalle in die Erongostreek. Hier word die meerderheid nuwe gevalle in die Kuisebmond-woonbuurt op Walvisbaai aangeteken.
Die jongste verslag van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gee ’n oorsig van die uitbreking vanaf 5 tot 18 Oktober vanjaar. Die verslag is weens die Covid-19-pandemie ’n maand agter.
“Opsporingspanne is op alle vlakke oorweldig en daarom is die data wat aangemeld is ’n maand agter,” sê die ministerie.
Pogings is onderweg om die data weer op datum te bring, het ’n beampte van die ministerie gesê.
Met die aanvang van die Covid-19-pandemie in Maart in Namibië het ’n verhoogde fokus op die verbetering van sanitasie in informele nedersettings nie net beskerming teen die virus verhoog nie, maar ook die verspreiding van hepatitis E bekamp.
“Hoewel pogings hoofsaaklik op die reaksie tot Covid-19 fokus, is daar ’n voordelige oorspoel van die sanitasie- en higiënepraktyke van ingrypings teen die virus om die hepatitis E-uitbreking te beheer,” lui die ministerie se verslag.
Tussen middel-Desember 2019 en 19 April vanjaar is 668 nuwe hepatitis E-infeksies aangemeld. In die ses maande tussen April en 18 Oktober is net 341 nuwe hepatitis E-infeksies aangemeld.
Die ministerie se verslag bevestig dat teen middel-Oktober is ’n algemene afwaartse neiging in die aantal hepatitis E-infeksies aangemeld. Die verslag maan egter daar is steeds ’n behoefte om toegang tot water en sanitasie oraloor in Namibië te verbeter. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie