Hepatitis E-vrese te midde van Covid-19
Drupkraaneenhede gaan in digbevolkte informele nedersettings geïnstalleer word sodat inwoners hul hande kan was om dié siektes te help voorkom.
Jana-Mari Smith
'n Gebrek aan handewas- en toiletgeriewe in Namibië se digbevolkte informele nedersettings het tot sowat 7 500 hepatitis E-infeksies gelei en sedert Januarie ses lewens geëis.
Intussen word gevrees dat die Covid-19-pandemie soos 'n veldbrand in die ongedienste informele nedersettings kan versprei en boonop voorkeur bo hepatitis E geniet.
Volgens 'n verslag van 17 Maart oor die hepatitis E-epidemie het sterftes van 59 in Desember tot 65 teen 8 Maart gestyg.
“Die Covid-19-pandemie het die aandag van hepatitis E afgetrek. By vergaderings word hepatitis E nie eens meer bespreek nie,” lui die verslag.
Teen 8 Maart het die getal hepatitis E-infeksies landswyd van minder as 7 000 in Desember tot 7 457 toegeneem.
Die Khomasstreek se informele nedersettings, die episentrum van die uitbreking, bly gebuk gaan onder hepatitis E, waar 219 nuwe gevalle tussen 13 Januarie en 8 Maart aangeteken is.
'n Nuwe uitdaging is 'n gebrek aan vinnige toetsstelle, wat die omkeertyd vir diagnose vertraag.
Volgens die verslag is nuwe toetsstelle bestel, maar dit het nog nie opgedaag nie.
GEEN WATER, GEEN TOILETTE
“Myns insiens is die groot uitdaging dat daar nie geskikte, veilige watertoevoer is nie en dat 'n gebrek aan sanitasiegeriewe bestaan,” sê me. Emmy-Else Ndevaetela, bestuurder van die hepatitis E-reaksiespan.
Sy is vroeër vanjaar in hierdie pos aangestel, wat sy saam met haar voormalige posisie as die hoofgesondheidsprogrambeampte in die gesondheidsministerie se afdeling vir gereedheid en reaksie op noodgevalle beklee.
Sy het beklemtoon die stryd teen hepatitis E betrek verskeie sektore en plaaslike owerhede en ander openbare en private rolspelers se insette is nodig.
Ndevaetela beklemtoon hoewel baie moeite gedoen is om die boodskap van handewas en die weerhouding van ontlasting in die ope as voorkomingsmaatreëls te versprei, “is dit nie 'n maklike ding om te doen as daar geen geriewe of hulpbronne is nie”.
KRISISREAKSIE
'n Week gelede het die Ontwikkelingswerkwinkel van Namibië (DWN) en die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) die Covid-19-noodprogram vir Windhoek se informele nedersettings bekend gestel, wat ten doel het om handewasgeriewe aan duisende huishoudings te verskaf.
Die DWN en NCE het maande lank met owerhede en borge saamgewerk om 'n gemeenskapsgeleide sanitasieprogram in geraakte gebiede te vestig.
Die DWN het verlede week gesê “Windhoek se informele nedersettings met meer as 180 000 inwoners sal in die volgende weke eerste en die hardste deur Covid-19 getref word op gesondheids- en ekonomiese gebied”.
Hulle meen die hoë bevolkingsdigtheid sal dit moeilik maak om sosiale afstande te handhaaf en toegang tot water beperk.
Die gebrek aan goeie sanitasiepraktyke en -geriewe voorsien uitdagings om hande gereeld te was.
Boonop waarsku die DWN en NCE armoede en uiters beperkte hulpbronne sal dit onmoontlik maak vir mense om tuis te bly soos hokmaatreëls vereis.
Die noodprogram se doelwit is om binne weke minstens 65 000 huishoudings van drupkraan-handewaseenhede te verskaf.
Dié program is Woensdag in die Moses Garoeb-kiesafdeling bekend gestel en 'n span van 15 opgeleide vrywillige werkers het 55 handewaseenhede binne drie ure opgestel wat deur gemiddeld drie huishoudings gedeel word.
Die DWN se doelwit is om sowat 130 drupeenhede per dag te installeer om gemiddeld 400 huishoudings te bereik.
Teen vandag sou 'n span van 15 vrywillige werkers dit by die Samora Machel-kiesafdeling installeer, met nog twee spanne wat in die Tobias Hainyeko- en Khomas-Oos-kiesafdelings ontplooi is.
“Teen verlede week sou vier spanne met 60 vrywillige werkers 500 eenhede per dag installeer en 2 000 huishoudings bereik,” het die DWN gesê.
Oor 10 dae sal dit 5 000 eenhede wees wat 20 000 huishoudings bereik en in 20 dae sal 10 000 eenhede 40 000 huishoudings bereik.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie