Heraanplanting van gras
Proefneming in Waterberggebied
Allan Kandjai, Dave Joubert en Niels Blaum het tydens die 21ste Namibiese Nasionale Weidingsforum (NRF) se konferensie op Otjiwarongo, verslag gedoen oor 'n projek waartydens Anthephora pubescens en Brachiara nigropedata in die Waterberggebied in Sentraal Namibië as herstelmaatreël gesaai is, terwyl die impak van reënval, grondeienskappe en voedingstowwe waargeneem is.
Hul navorsing is aangevuur deur die feit dat Namibië se natuurlike weiding weens droogtes en oorbeweiding onder geweldige druk verkeer.
Aangesien voedende en smaaklike meerjarige gras normaalweg 'n groot deel van grasvretende diere se dieet uitmaak, is sowat 70% van die bevolking direk of indirek afhanklik van die land se beskikbare weiding (aldus die Nasionale Weidingsbestuurbeleid en strategie, NRMPS).
Bevindings
Die betrokke grassoorte is gesaai in 'n gebied waar dit voorheen voorgekom het, terwyl daar opgelet is hoe die byvoeging van voeding die ontkieming en vestiging daarvan beïnvloed en hoe die grondeienskappe laasgenoemde affekteer.
Verandering in die algemene plantegroei is ook oor die twee jaar wat die eksperiment geduur het, gemonitor.
Hulle het bevind dat klimaks-grassaad baie water benodig om ontkiemingsinhibeerders “weg te spoel” en dat die betrokke omstandighede nie geskik was vir goeie groei gedurende die eerste seisoen nie.
Daar was egter genoeg aanduidings dat die kruidagtige laag voortaan groei sou ondersteun. Hulle het ook gevind dat die grondeienskappe en hidrologie belangriker as voedingstowwe was, maar tot die algehele gevolgtrekking gekom dat rehabilitasie van weiveld 'n ingewikkelde en alles behalwe vinnige proses is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie