Herdenkingstog
Drie Duitsers pak op Nuwejaarsdag 'n moordende klimtog na Königstein aan ter herinnering aan die geskiedkundige eerste klimtog presies 100 jaar gelede op Brandberg.
Ronelle Rademeyer - Op 1 Januarie 1918 durf drie mans in snikhete omstandighede die ondenkbare aan: 'n bergklimekspedisie na Königstein op Brandberg.
Op 2 Januarie staan hulle op Königstein en kyk uit oor die eindelose landskap van wat vandag as Damaraland bekend staan.
Königstein is op 2 579 meter bokant seevlak Namibië se hoogste bergpiek.
Hulle was prof. Ernst August Gries, ekspedisieleier, onderwyser, natuurkundige, Reinhard Maack, landmeter in die destydse Duitswes-Afrika, en Georg Schulze, 'n luitenant in die Schutztruppe,
Dié span was op hul tog na Brandberg ook vergesel van die destydse landbouraadgewer in die kolonie, ene E. Köppel, asook twee Namasprekende mans, Max en Wilhelm.
Die doel van die ekspedisie was om Brandberg op te meet en te karteer. Dit was tydens dié tog dat die beroemde prehistoriese rotstekening, die Wit Vrou, deur Maack ontdek is.
Die klimmers het die aand daar geslaap en eers die volgende oggend gesien die oorhangrots waaronder hulle lê, is vol tekeninge.
Maack het sorgvuldige sketse gemaak en later 'n gekleurde waterverfkopie, wat later jare in Kaapstad bewaar is.
HENRY BREUIL
'n Bekende Franse priester en argeoloog, Henry Breuil, wat gereken is as een van die voorste kenners van antieke rotskuns, het in 1929 Maack se waterverfkopie in Kaapstad gesien.
“Hy het toe sommer besluit dis 'n vrou en dit vergelyk met vroulike atlete op mure van die antieke paleis van koning Minos by Knossos in Kreta,” skryf 'n kenner in 'n artikel “Die storie van die Wit Vrou” op die webjoernaal Perdebytjie.
“Volgens hom was die bruin jurke en wit of pienk lyfkouse wat die atlete gedra het, baie dieselfde as dié van die figuur in die skets. Natuurlik maak hy die gevolgtrekking dat 'n klein groepie antieke reisigers van die oostelike Middellandse See-gebied onder in Afrika uitgekom het,” skryf dié blogger.
Dit was Breuil se sekretaresse, Mary Boyle, wat die naam “Wit Vrou” uitgedink het.
“Breuil was egter bekend daarvoor dat hy dinge baie verromantiseer het en mense was verbaas dat hy nooit opgelet het dat die figuur nie die nodige vroulike anatomie het nie! Daar is juis 'n ander opsigtelike vroulike figuur in die tafereel. Hy het gesien wat hy wou sien. . . soos baie van ons ook maar doen.”
Jare later het kenners van rotskuns bevind dié wit figuur is 'n toordokter of sjamaan (geestelike leier) en dat die tafereel 'n alledaagse toneel in die lewens van nomadiese mense in die omgewing was.
HONDERD JAAR LATER
Maandagoggend, op 1 Januarie 2018, gaan die geskiedenis homself herhaal.
Dr. Helge Kleifeld van Duitsland en sy span gaan tydens 'n eeufeestog die bakkende hange van Brandberg aandurf. Dit is nie onmoontlik nie dat die kwik tot maklik 50 ºC kan styg.
Kleifeld, 'n historikus en politieke wetenskaplike, sal vergesel wees van Martina Trognitz, 'n argeoloog, en Lukas Gehrig, 'n vlieënier, asook 'n gids.
Die span gaan die naweek op Uis by die bekende Basil Calitz van die Brandberg Ruskamp tuis.
Kleifeld sê Calitz was die enigste Namibiër wat kans gesien het om hulle met die voorbereidings vir die ekspedisie by te staan en ondersteuning te verleen.
“Dit was baie moeilik om hierdie klimtog gereël te kry aangesien dit nou hoogsomer is. Die gesoute Brandberg-klimmers met wie ons in kontak was, het ons afgeraai om dit te doen omdat dit te warm is,” vertel Kleifeld.
Hy sê selfs die gidse wat hom in 2009 bygestaan het toe hy gedurende die winter die Brandberg geklim het om te kon begin voorberei vir hierdie geskiedkundige tog sowat agt jaar later, het gesê hulle sien nie kans nie.
Kleifeld het, benewens 'n boek oor die lewe van Gries, deur die jare verskeie artikels oor hom gepubliseer. Hy het ook Gries se nalatenskap vir die Duitse Instituut vir Tropiese en Subtropiese Landbou gedokumenteer.
Verder is hy ook Gries se opvolger as argivaris in 'n Duitse bond bekend as die Schwarzburgbund. Dié bond het 'n vlag saamgestuur wat Kleifeld en sy span Dinsdag, wanneer hulle die piek bereik, op Königstein sal hys.
Hy sê die lewe en werk van Gries het hom so aangegryp dat hy besluit het om 'n herdenkingsekspedisie te reël.
In 'n e-pos aan Republikein sê hy dit was baie moeilik om hulle vir die versengende toestande op die berg voor te berei.
DIE DESTYDSE TOG
Gries, Maack, Schulze en Köppel se reis na Brandberg het op 10 Desember 1917 in Windhoek afgeskop en via Omaruru daarheen gelei.
Hul vervoermidddel was 'n muilwa, bedek met seil, wat deur 10 osse getrek is.
Op 18 Desember is hulle uit Omaruru weg en ry in die rigting van Etemba. Tydens die hele reis is die rotstekeninge wat hulle gewaar het, oorgeteken en gedokumenteer terwyl daar ook botaniese navorsing gedoen is om 'n botaniese gids te kon saamstel.
Die klimtog na Königstein, soms ook genoem die Hindenburgpiek, het op 31 Desember 1917 vanuit die Ugabrivier begin en is op 2 Januarie 1918 deur Gries, Maack und Schulze voltooi.
Köppel se taak was om saam met Max en Wilhelm, wat die trekosse moes oppas, na die basiskamp om te sien.
Enkele dae voor dit het Gries en Maack 'n Damarasprekende man, wat hulle Thomas genoem het, langs die pad teëgekom.
Hy het die drie klimmers tot by die Tsisab-kloof begelei. By dié kloof het hulle die watervoorraad geberg en Thomas het teruggekeer na Sorris-Sorris. Die op- en afklim het altesaam vier en 'n halwe dae geduur. Hierdie eerste klimtog tot by die piek van Brandberg vind tydens hoogsomer in brandende hitte en knellende droogte plaas.
Wat die prestasie so uitsonderlik maak, is dat hulle dit in die warmste tyd van die jaar aangepak het.
Eers 25 jaar later, in 1943, het 'n span weer die Brandberg uitgeklim.
Dit was egter in Oktober en aansienlik koeler.
Toe Gries, Maack en Schulze op 2 Januarie 1918 om 18:00 die piek bereik, was hulle deur die uitsig oorweldig.
Maack skryf in sy dagboek: “Op hierdie oomblik sit drie Duitsers as die eerstes ooit op Brandberg se piek rondom 'n flonkerende vuurtjie te midde van die grenslose stilte en oneindige vreedsaamheid van die natuur. Mag daar tog vrede wees vir alle gepynigde mensekinders.”
Later jare is die feit dat Gries, Maack en Schulze die eerste Westerlinge was wat Brandberg aangedurf het, deur 'n onderoffisier in die Schutztruppe se opmetingsafdeling, 'n ene Burfeindt, verwerp. Hy het aangevoer dat hy Königstein reeds voor die uitbreking van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 bemeester het.
Geen bewyse kon egter hiervoor gevind word nie.
Die rotsformasie bekend as die Burfeindhorn, in Brandberg, is toe nietemin na hom vernoem.
Gries – grondlegger van onderwys in die land
Prof. Ernst August Heinrich Friedrich Wilhelm Gries (1879 – 1944) het van 1897 tot 1901 in Göttingen, Duitsland, in wiskunde, fisika, botanie en soölogie studeer. Van 1902 tot 1903 sit hy sy studies in Erlangen voort en bestudeer geografie, elektrotegnika, die filosoof Plato se werke, Indiese literatuur en kultuur asook die Ou Testament.
Van Oktober 1903 tot Oktober 1904 doen hy sy proefjaar as onderwyser aan Königliches Realgymnasium (akademiese hoërskool) in Leer. In Oktober 1905 word hy aangestel as hoofonderwyser by 'n soortgelyke skool in Otterndorf/Elbe.
Op 15 Maart 1911 reis Gries vanaf Hamburg met die passasierskip die Adolph Woermann na Swakopmund, waar hy op 11 April 1911 aan wal stap.
Die tog na Windhoek begin en hy word aangestel as onderwyser by die Deutsche Realschule (hoërskool), geleë oorkant die Alte Feste.
In Junie 1914 onderteken hy 'n kontrak vir 'n tweede diensperiode. Op 1 Augustus daardie jaar breek die Eerste Wêreldoorlog (WO1) egter uit. Vyf onderwysers uit die Realschule word vir militêre diens opgeroep en Gries is een van hulle.
Op 4 September 1914 word hy uit die Schutztruppe vrygestel om sy onderwystaak voort te sit en toe te sien dat die leerlinge eksamen skryf.
Vroeg in 1915 word alle onderwysers buiten die skoolhoof opnuut opgeroep; die skoolonderrig kan net in 'n beperkte mate voortgesit word.
Ná die Schutztruppe se kapitulasie by Khorab later daardie jaar, keer Gries terug na die Realschule in Windhoek. Die onderrrig word so goed as moontlik hervat.
Vanweë die oorlog ontstaan daar egter 'n nypende tekort aan skoolboeke en skoolmateriaal, veral vir die vakke fisika en chemie wat Gries aanbied. In 1916 moet die Realschule die skoolgebou ontruim toe die Unieregering dit oorneem en na 'n ander perseel verhuis.
In Desember 1916 word Gries deur die Duitse Ryk se skooladministrasie as professor benoem. In die daaropvolgende jare onderneem hy as natuurwetenskaplike verskeie staptogte met sy leerlinge in die natuur.
Aangesien hy op 26 Junie 1911 benewens sy onderwysaktiwiteite ook as die hoof van die Landesmuseum aangestel is, gebruik hy die uitstappies in die natuur om geologiese, botaniese en etnologiese artefakte te versamel en die museum uit te brei en te verbeter.
Ná die beëindiging van die oorlog word die Duitse onderwysers in die land gerepatrieer, maar die Unieregering besluit vier onderwysers, onder wie Gries, kan in die mandaatgebied van Suidwes-Afrika aanbly.
In 1919 was die Realschule in 'n oorlewingstryd gewikkel en Gries word in dié tyd tot skoolhoof bevorder.
Gries is die een wat die onderhandelinge met die Unieregering voer en verbete vir die voortbestaan van Duitstalige onderwys in dié mandaatgebied onder Britse beheer veg.
Hy was aktief betrokke by die Windhuker Schulverein (skolevereniging) en word 'n groot kampvegter vir die behoud van Duits.
Op 1 April 1920 neem die Unieregering die administrasie van die Realschule oor. Om die voortbestaan van die skool te verseker, reis Gries na die Unie van Suid-Afrika om met die eerste minister, genl. Jannie Smuts, die skoleproblematiek te bespreek.
In 1921, toe die Duitse Ryk aan die Realschule in Windhoek die status van 'n Hoër Duitse Buitelandse Skool (Deutsche Auslandsschule) toeken, word Gries as die skoolhoof aangestel
Hy het hom in die na-oorlogse jare sterk beywer vir Duitse belange. So was hy byvoorbeeld in 1924 'n stigterlid van die stadsbiblioteek (Städtische Bücherei).
Die Duitse Vereniging (Deutscher Verein) wat op 18 Januarie 1923 gestig is, het aan die Duitse bevolking 'n mate van politieke verteenwoordiging gebied en ook hierin was Gries betrokke.
In 1924 verlaat hy die onderwys en word die bibliotekaris van die pasgestigte Suidwes-Afrikaanse Wetenskaplike Vereniging (wat steeds bestaan).
In 1925, ná 14 jaar in die land, keer hy na Duitsland terug. Hier is hy in 1944 tydens die Tweede Wêreldoorlog in die ouderdom van 66 jaar oorlede.
(Inligting is in Duits verskaf deur dr. Helge Kleifeld, vertaal deur dr. Andreas Vogt en verwerk deur Ronelle Rademeyer.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie