Herero-leierskaptwis verdiep
Herero-leierskaptwis verdiep

Herero-leierskaptwis verdiep

Die OTA-hoofde se voorsitter verwerp Katjiua se nominasie.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die voorsitter van die raad van hoofmanne van die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) in Namibië, hoofman Vipuira Kapuuo, het die nominasie van professor Mutjinde Katjiua as aangewyse opperhoof gister verwerp.

Volgens Kapuuo was die raad van hoofmanne se vergadering wat van Vrydag tot Sondag by Onderombapa in die Aminuis-kiesafdeling gehou is, sonder 'n kworum en dus nie gemagtig om iemand as opperhoof aan te wys nie.

Verder verwerp hy die aanstelling van hoofman Boas Tjingaete as waarnemende opperhoof en ook die oorgangskomitee, wat hy sê ontstaan uit lede van 'n minderheid wat volgens hom onreëlmatig vir Katjiua en Tjingaete wil aanstel.

Die Aminuis-vergadering was nie deur Kapuuo goedgekeur of gereël nie.

“Dit was verder net deur nege uit 28 hoofmanne en vyf uit 17 Rooivlagkommando's bygewoon. Dit behels net 55 raadslede terwyl die raad van hoofmanne uit 220 lede bestaan.

“Die afwesige 19 hoofmanne en 12 Rooivlagkommando's ontken dat enige van hul bemagtigde lede bygewoon het. Hierdie sogenoemde raad van hoofmanne se vergadering was dus nie behoorlik saamgestel nie en kon ook nie 'n kworum vorm nie,” lees 'n nuusvrystelling onderteken deur Kapuuo.

“Dis ondenkbaar dat 'n minderheid soos dié kan voorgee hulle verteenwoordig die groot Ovaherero nasie in geheel,” skryf hy.

Volgens Kapuuo het hy reeds op 7 Desember aangedring die betrokke minderheid moet nie met die vergadering voortgaan nie. Hy sê besluite geneem deur die vergadering is sonder mag of effek.

“Ons, die meerderheid van die raad van hoofmanne, erken nie die beweerde aanstelling van prof. Mutjinde Katjiua as aangewese opperhoof nie,” skryf hy.

Kapuuo dring aan 'n opperhoof kan slegs by 'n vergadering van die Ovaherero-senaat gekies word, waar voorgestelde name deur 470 lede gedebatteer word. Hy sê die minderheid kan dus slegs voor die senaat vir Katjiua nomineer.

Kapuuo sê planne is goed aan die gang om 'n geldige vergadering van die raad van hoofmanne teen die einde Januarie 2022 te hou. “Tydens hierdie vergadering sal ooreengekom word oor die reëlings vir 'n behoorlik saamgestelde Ovaherero Senaatsvergadering, wat gehou sal word om die opperhoof van die Ovaherero nasie te kies,” skryf hy.

Katjiua het die vrystelling 'n leuen genoem.

Hy het in naby kringe beweeg aan die vorige opperhoof adv. Vekuii Rekoro wat in Junie oorlede is. Die OTA se waarnemende sekretaris-generaal het Maandag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die weerstand teen Katjiua se nominasie is ongegrond. “Die mense wat daar moes wees, was daar,” het hy oor die Aminuis-vergadering gesê.

'n Nuwe opperhoof kan in elk geval eers verkies word wanneer die begrafnisrites vir Rukoro en wyle veldmaar­skalk Ismael Kavikamburua Kamuhapita afgehandel is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!