(Herero-)rokkies wil hulle dra
Die vrouevereniging van die Indonesiese ambassade in Windhoek het verlede week spoggerig in tradisionele Herero-rokke gepryk. Volgens me. Asti Upiastirin, wat by dié ambassade in beheer van inligting, maatskaplike en kulturele sake is, wil lede van die vrouevereniging graag meer oor die ryk verskeidenheid van kulture in Namibië leer. Hulle het ’n fotosessie by hul ambassade, die Onafhanklikheidsmuseum en die parlementstuine gehad. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie