Herfsreën eers verby
Francoise Steynberg
Die herfsreën wat die streke van Khomas, Otjozondjupa en Hardap die naweek ontvang het, is volgens ’n weervoorspeller eers verby.
“Die reën is vir eers weg nadat die stelsel verswak het,” het mnr. Richard Nashikaku gister aan Republikein gesê.
“Die naweek se swaar donderbuie, gepaardgaande met erge weerlig was weens ’n afsnylaag oor die Atlantiese Oseaan,” het die weervoorspeller van die Meteorologiese Dienste gesê.
“Die koue lug wat van die Weste vanaf die Atlantiese Oseaan gekom het, het ooswaarts beweeg en onder die warm lug ingesny. Die twee stelsels het ontmoet en eers die swaar weerlig veroorsaak en daarna het die donderstorms uitgesak,” het Nashikaku verduidelik.
Op die Facebook-blad Reën in Namibië is Sondagaand 71 mm in die oostelike dele van die hoofstad aangemeld met die Klein Windhoek-rivier wat geloop het.
“Sondagaand tussen 22:00 en 00:00 was dit nogal dol. Ons huis het besluit om ons te herinner oor lekkasies, so ons moes spartel met amper 50 mm wat in twee ure geval het,” het mnr. Gys Burger geskryf.
Dit het Sondagaand by Kransneus agter Omeya 88 mm gereën. In Auasblick en Olympia is gisteroggend 60 mm uit reënmeters gegooi, in Prosperita 50 mm, Klein Windhoek en Kleine Kuppe 48 mm, Ludwigsdorf en Suiderhof 45 mm, Luxury Hill en Academia 40 mm, Khomasdal 35 mm, Hochlandpark en Pionierspark 24 mm, Doradopark 14 mm en Windhoek-Wes 20 mm.
Op die plaas Alberta wat 14 km voor die Spreetshoogtepas geleë is, het dit 10 mm gereën.
Kapps Farm het 24 mm vir die naweek gekry en die plaas Rosevlakte naby Maroelaboom 35 mm.
Vaalgras, sowat 50 km wes van Windhoek, het Saterdagaand 1,5 mm gehad en Sondagaand 14,5 mm.
Vrydagnag het 26 mm op die plaas Nutupsdrift by Maltahöhe uitgesak.
Volgens Nashikaku het ligte buie ook in die Suide en Weste voorgekom, “maar die stelsel het nou verswak en ’n druppel kan dalk nog hier en daar val”.
Hy sê in Mei kan die suidelike dele van die land dalk nog reën kry, maar dit sal weens die koue wees.
Nashikaku sê die oosweertoestande langs die kus sal nog voortduur: “Eers as die koue stelsel inkom, sal dit weggaan.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie