Herinneringe in volkleur

Yandi Du Plessis
Die uitstalling getiteld Recollections in Colour, deur die kunstenaar Francois de Necker, het op 23 Oktober by die Project Room-galery geopen.

Terwyl hy steeds met sy kenmerkende temas en uitdrukkings van verbeeldingryke plaaslike landskappe gewerk het, is die kunswerke in De Necker se jongste uitstalling kleiner in skaal as gevolg van sy nuwe kleiner tuisateljee.

Recollections in Colour, wat meer as twee jaar geneem het om te voltooi, verteenwoordig twee kunsversamelings: een is skilderye in waterverf en akrielverf met 'n waterbasis op dik katoenpapier, en die ander 'n versameling waarna hy as “plat-beeldhouwerk” verwys – driedimensionele montage van kleurvolle weggooimateriale wat hy as 'n kreatiewe uitlaatklep gebruik en sedert die begin van sy loopbaan deel van sy persoonlike praktyk vorm.

Die skilderye, geskep op vintage-papier uit Frankryk wat sedert 1981 in die kunstenaar se besit is, vertoon herhalende elemente wat emblematies van De Necker se werk geword het – kenmerkende vorms en patrone, verskerp deur lewendige kleure en teksture, en gebalanseerd deur noukeurig geplaaste spatsels lig.



BEGELEIDE TOER

Almal word môre (30 Oktober ) uitgenooi om by 'n begeleide toer by die galery aan te sluit, waar De Necker almal deur sy kreatiewe proses sal neem en verduidelik hoe dié kunsversameling geskep is.

DIE KUNSTENAAR

Francois de Necker het in Johannesburg grootgeword, waar hy ook sy studies voltooi het. Hy het later na Namibië verhuis en die Visuele Kunstedepartement by die Universiteit van Namibië (Unam) in die 80's gestig.

Benewens die feit dat De Necker 'n gevestigde kunstenaar is wie se werk gereeld plaaslik en in Suider-Afrika en Europa uitgestal is, het hy ook deur sy loopbaan 'n merkwaardige bydrae tot die ontwikkeling van kunsonderrig in Namibië gelewer.

Alhoewel hy huiwerig is om veel oor die intensie agter sy werk te verklap, en verkies dat die kykers op hul eie manier by die kunswerke aanklank vind, voel die kunstenaar elkeen van sy skilderye is geseën met twee lewens: die eerste wanneer dit geskep word, en die tweede wanneer die nuwe eienaar daarvan verdiep raak in wat ander 'n “nadenkende wêreld van abstraksie” noem – wat voorsiening maak vir 'n nuwe interpretasie van die kunswerk.

Recollections in Colour kan tot Saterdag 6 November besigtig word.

Die Project Room-galery is in 32 Jennerstraat in Windhoek-Wes geleë en is Dinsdae tot Saterdae tussen 10:00 en 13:00 oop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!