Herlewing bly ontwyk
Herlewing bly ontwyk

Herlewing bly ontwyk

Dani Booysen
Gister was dit 58 jaar sedert die totstandkoming van die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) as voorganger van die Afrika-unie (AU).

Afrikadag is 'n geleentheid om ons vasteland se karakter en oorwinnings te vier, maar ons mag ook nie terugdeins om noodsaaklike, selfkritiese vrae te stel nie.

Vanjaar se tema handel oor kuns, kultuur en erfenis as boustene vir eenheid en vooruitgang: al drie belangrike elemente van vrede en voorspoed. Talle ou – en splinternuwe – uitdagings, is egter kompleks en wydverspreid.

Hoekom sukkel Afrika steeds om te blom? Gegewe 'n strewe na 'n renaissance wat veel verder terug as die bewind van Suid-Afrika se pres. Thabo Mbeki strek.

Dié filosofie se eerste saadjies is reeds 75 jaar gelede geplant. Tog bly hierdie Afrika, vry van geweld, elitisme, korrupsie en armoede, ons veelal ontwyk.

Kyk maar hoe die ANC sukkel om die kop van die adder aan sy eie boesem te vermorsel. Kan ubuntu staatskaping oorleef? En in Namibië, waar Wakanda vanjaar aan ons beloof is, het ons geen tekort aan ons eie, ontmagtigende gedrogte nie.

Nie alle gebreke kan aan magte uit die verlede of aan kragte buite ons beheer, toegedig word nie. Dalk verhoed so 'n sienswyse ons juis om oplossings vir ons probleme te vind.

Soms is JFK al holrug gery. Nogtans kan ons wonder hoeveel, ook Afrikane, nie kan loskom van hoeveel aan hulle verskuldig is, hoeveel hulle mag gryp, ten koste van óns Afrika en óns mense.

Maar, laat ons nie aarsel om Afrika se drome waar te maak nie.



So sê ander

25 Mei 2021



A State-Sponsored Skyjacking Can't Go Unanswered



Aleksandr Lukashenko, the ­president of Belarus, has gone too far.

Hijacking a commercial airliner to kidnap an opposition journalist is simply too dangerous a violation of international norms for the United States, the European Union and other responsible states to let pass without serious consequences.

A throwback to the regional bosses of the Soviet era, Mr. Lukashenko has become steadily more repressive and autocratic over his 27 years in power. With neighboring President ­Vladimir Putin of Russia as kindred spirit and protector, Mr. Lukashenko has consistently shrugged off criticism and sanctions from the West.

So when hundreds of thousands of Belarusians finally took to the streets after brazenly fraudulent elections in 2020, Mr. Lukashenko showed no hesitation in violently cracking down.

Mr. Lukashenko was unfazed and on Monday went on with business as usual — signing laws further cracking down on dissent.

The episode also underscores a troubling reality: Autocrats looking to extend their repressive ways across international borders are increasingly emboldened to do so.

Deterrence, in far too many instances, has failed.

• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!