Herman vang ‘n reus by Jakkalsputz
Des Erasmus - ‘n Kabeljou van op die kop 27 kg is laat Woensdagmiddag by Jakkalsputz deur ‘n Walvisbaaier, mnr. Herman Krauze, gevang. Dit is die grootste vis van dié spesie in jare, maar die rekordboeke is nie eens oopgemaak nie, omdat Krauze nie meer ‘n geregistreerde hengelaar as lid van ‘n Namibiese klub is nie.
Beweringe was wel dat die kabeljou vat-vat aan ‘n ou dikke van sowat 28 kg wat al by Hentiesbaai se hengelvelde uitgehaal is. Dit was weer eens ‘n alleenloper met die res van Krauze se hengelgeselskap wat die dag langs die noordkus gaan ingooi het.
Krauze is die broer van ‘n bekroonde Namibiese hengelaar, mnr. Leon Krauze van Hentiesbaai.
Dit was ook ‘n stryd tot die dood tussen die hengelaar en die kabeljou, met die ou grote wat ongeag oortreffende sportmanskap nie aan die see teruggegee kon word nie. Toe die kabeljou eers aan wal was, het Krauze self die hoek verwyder en die vis terug in die water probeer plaas, maar die ou grote het net platgeval en bly lê. Toe het ander hengelaars ook kom help, maar die verloorder kon nie gered word nie.
Krauze self is van Walvisbaai, maar het tydens ‘n week se verlof op Hentiesbaai kom kuier.
Woensdag het die res van sy mense langs die noordstrande gaan ingooi, maar Krauze het besluit hy gaan Jakkalzputz toe. Hy het hom wel nie kon voorstel wat op hom sou wag nie. Die ander lede van sy geselskap het die noordstrande verkies waar die afgelope dae goeie vangste behaal is.
Volgens hom het die kabeljou aanvanklik net ligweg aan die aas gevat. Dit was eers toe die vis in die vlakker water gekom het dat die hewige stryd ontstaan het. Krauze is ‘n deurwinterde hengelaar wat die kuns van ‘n visvangery ken. So ‘n vis het hy wel nie geken nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie