Hernubare energiebeleid goedgekeur
Hernubare energiebeleid goedgekeur

Hernubare energiebeleid goedgekeur

NAMPA
Die kabinet het die nasionale hernubare energiebeleid en die implementeringsplan daarvoor goedgekeur. Die ministerie van myne en energie kan dit dus nou in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel lê.

Mnr. Tjekero Tweya, minister van inligting, kommunikasie en tegnologie, het onlangs gesê die beleid sal vir die regering leiding gee oor hoe om die hernubare energie-sektor te ontwikkel.

Dit sal ook daartoe bydra dat ’n groter deel van die land se elektrisiteit van hernubare bronne afkomstig is.

"Die beleid dien as ’n padaanwyser vir die regering om sy optrede volgens die beleid se doelwitte te bestuur," het die minister gesê.

Die beleid poog om toegang tot moderne, skoon en bekostigbare energie vir alle Namibiërs moontlik te maak. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!