Hernude grenssluitings knou wu00eareldlugvaart
Hernude grenssluitings knou wu00eareldlugvaart

Hernude grenssluitings knou wêreldlugvaart

Beleidmaatreëls vir strenger grensbeheer het passasiers se reisplanne in die vakansietyd belemmer.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Pleks van te baat by die feesseisoen se normaalweg groter aanvraag na vlugte en dus beter ­passasiersgetalle, het strenger inperkingsmaatreëls deur lande as gevolg van skerp toenames in Covid-19-gevalle, 'n demper op herstel in die lugvaartbedryf geplaas.

Mnr. Alexandre de Juniac, direkteur-generaal van die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata), het op 'n mediakonferensie verlede week gesê hoewel daar rederye is wie se finan­siële vooruitsigte goed is om uit die rooi te kom, bly die bedryf se toekoms op die kort termyn donker.

“In plaas van 'n hupstoot tydens die vakansieperiode, het ons meer inperkings gekry. Regerings het grensbeheer verskerp in 'n reaksie op die virusvariante. Kanada, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Japan en ander het toetsing by hul Covid-19-maatreëls gevoeg sonder om kwarantynvereistes op te hef. Met ander woorde, hulle het beleidsmaatreëls gekies wat passasiers se reisplanne belemmer het,” het hy gesê.

“Hierdie benadering toon dat regerings nie daarin belangstel om 'n gebalanseerde benadering tot die bestuur van die risiko's van Covid-19 te volg nie. Dit lyk asof hulle op 'n wêreld sonder enige Covid-19 ingestel is. Dit is 'n onmoontlike taak wat ernstige gevolge meebring waarvan die volle omvang moeilik is om te bereken,” het De Juniac gesê.

Hy meen die reis- en toerisme-ekonomie sal met so 'n benadering nie herstel nie en werksgeleenthede sal aanhou verlore gaan. Boonop het dit 'n impak op mense se geestesgesondheid as hulle nie met hul geliefdes in ander lande kan herenig nie.

De Juniac sê 'n meer gebalanseerde benadering tot openbare beleid is nodig; een wat gebaseer is op toetsing as vervanging van kwarantynmaat­reëls sodat die lugvaartbedryf van die gevolge van Covid-19 kan herstel.

“Die wetenskap toon dat reisigers nie 'n belangrike faktor in die oordrag van die virus sal wees indien toetsing doeltreffend gebruik word nie.

“Die meeste regerings het 'n tonnel­visie oor kwarantyn en is glad nie daarop ingestel om maniere te vind om grense veilig te heropen en die ekonomiese en geestesgesondheidsontberings van ingeperktes te verlig nie,” sê hy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!